Geluk kan nie gekoop word nie!


-Danielle Kleyn

Verskyn in briewekolom van Huisgenoot, 22 Oktober 2015.

Ek het Maandag negatief skool toe gegaan. Ek het nie eens die mooi van die Kaap waardeer nie, nie eens die blommetjies wat my plek-plek begroet nie. Die middag toe my ma my kom haal, sien ek ‘n gesin huis toe stap: ‘n ma, pa en meisietjie van so ses jaar oud. Dis duidelik hulle het dit nie breed nie, want alhoewel die ma se kleredrag netjies is, het dit gaatjies in. Die pa lyk moeg en loop kaalvoet, die meisie se klere is uitgewas. Maar dit val my op dat al drie glimlag terwyl die meisie babbelend van haar dag by die skool vertel. Ek was skaam toe ek besef ek kla veels te gou, al het ek soveel om voor dankbaar te wees: liefdevolle ouers, vriende, ‘n huis. Dié gesin het my ‘n waardevolle ding geleer:  geluk kan nie gekoop word nie.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s