Nuwe “Fuel” vir die siel


-Francious Pheiffer

Die derde kwartaal in ‘n skool jaar is nie net bekend as ‘n inleiding vir die atletiekseisoen nie, maar ook die kwartaal waar nuwe Fuel Kringleiers verkies word. Die kringleiers van 2016 beskik oor wonderlike leierseienskappe met geestelike wysheid om ander na God toe kan lei. Ankia Lloyd, ‘n graad 10 leerder van 2015, is tot voorsitter van Fuel vir 2016 verkies.

Ankia se doelwit vir 2016 is om meer leerders by Fuel te betrek en meer siele vir God te wen. Soos Mattheus 4:19 sê, wil Fuel in 2016 vissers van mense maak. Geloof, Hoop en Liefde is die Fuel se fondament vir 2016, waarop daar ‘n verhouding met God gebou word, wat niemand sal kan afbreek nie.God se woord is ons lig op donker paaie, asook ons kompas in tye waar dit nie donker is nie, en daarom wil die Fuel-kringleiers verseker dat die Bybel nie net ‘n boek vol tekste is nie, maar ‘n boek wat mense sal lei om volgens God se Wil te lewe. “Ons doel is om die lewe van ander te verander deur die hulp van die Bybel, liefde, hoop en geloof”, het Ankia gesê in die beskrywing van Fuel se doelwitte vir 2016.

Die bestuur van Fuel 2016 het besluit om vir Fuel nuwe klere aan te trek. Eerste op die lys is uitreike.  “Danelle van der Westhuizen is die bestuurder van Fuel se uitreike vir 2016, met die doel om , anders as Ti Amo, mense met geestelike voedsel te voed”, het Ankia tydens die onderhoud gesê. Ti Amo bied fisieke ondersteuning aan minderbevoorregtes, en Fuel wil poog om in 2016 geestlike ondersteuning te bied aan mense wat God nodig het in hulle lewens, maar geestelik arm is. Tweedens, om ‘n eenheid te vorm tussen die leerders. Dit sluit groeps- aktiwiteite in, onder andere die Fuel Movie Night wat op Woensdagaand, 30 September 2015 sal plaasvind.

John Hagee het eenmaal gesê: “Daar waar God jou plant, sal Hy jou seën en vir jou sorg”. Daarom wil Fuel fokus dat elke mens se siel volgetap sal word met geestelike “fuel” sodat hulle nie sal gaan stilstaan wanneer hulle in donker tye beland nie, maar die geloof sal hê om voort te gaan. Almal het ‘n geestlike saad wat in hulle harte geplant is, en Fuel wil daardie saadjie laat groei. Deur die nodige water en voedingstowwe vir die saad te verskaf, wil Fuel blomme vir God oprig sodat ander Sy lig in ons kan sien.

Almal word hartlik uitgenooi om Fuel 2016 saam met ons deur te bring. As God vir ons is, wie kan dan teen ons wees?

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s