Sonskyn, Arend-pret en Skoolbraai . . .


-Anieke Burger

Jolige musiek, worsrolletjies, koue koeldrank, 2 braaiers en aangename mense –  dit is die resep vir ‘n suksesvolle skoolbraai. Die skoolbraai is ‘n nuwe tradisie wat deur die VRL van 2016 ingestel is.

Die doel van die braai was om ‘n geleentheid te skep vir leerders om mekaar beter te leer ken in ‘n gesellige atmosfeer.  Die leerderraad wil graag ‘n eenheid onder die leerders skep sodat skooltrots uitgebou kan word.  Volgens die VRL is ‘n gelukkige leerder ‘n betrokke leerder.  Sodra jy betrokke raak by die skool, sal jy besef dat daar waaheid in hulle woorde lê.

Die braai is  op Vrydag 23 Oktober in die meisies-vierkant gehou.  Dit het begin om 16:00 begin en aangehou tot die laaste leerders besluit het om te vertrek.  In die vierkant is daar ‘n klompie stoele en ‘n paar tafels uitgepak.  Langs die saaldeure was die koeldranke en die braaigeriewe.  ‘n Kaartjie het R25 gekos.  Hiervoor het jy ‘n sappige worsrolletjie en ‘n koue koeldrank ontvang.

Aanvanklik het almal rondgestaan en lekker gesels. Nadat die braaiers hulle werkie verrighet, kon dié wat ‘n kaartjie gekoop het aan hulle worsrolletjies smul.  Dansmusiek wat die voete laat jeuk het, het leerders aangemoedig om met hul nuutste danspassies te spog.

Die 2016-leerderraad kan trots wees daarop dat hierdie nuwe tradisie gretig verwelkom is en baie beslis voortgesit moet word. Maak seker dat jy vir jou ‘n kaartjie kry sodra die volgende braai aangekondig word.  Jy wil nie met ‘n mond-vol-tande staan as jou vriende oor die prettige aand gesels nie.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s