Marilene blom behoorlik met haar puik uitslae


Leoné van der Westerhuizen 

© Hoërskool Strand 2016              Marilene Blom

 

Marilene Blom, subredaktrise van die Suidooster, beklee die eerste posisie van Hoërskool Strand se 2015-matriekklas.  Sy gaan vanjaar BA Regsgeleerdheid aan die Universiteit Stellenbosch studeer aangesien dit vir haar geleenthede in Tale, Sielkunde en die Regte bied.

Marilene voel dat Hoërskool Strand baie in haar skoolloopbaan ontwikkel het. Volgens haar is Hoërskool Strand een van die top skole in die Helderberg-omgewing. Hoërskool Strand het, benewens akadamiese kennis, ook vir haar geleer oor saamstaan en om jou waardes uit te leef.

Sy hou van enige vorm van storievertelling – TV-reekse, flieks en boeke. Skryf is seker haar grootste passie. Sy is ook versot op diere en musiek.

Haar gunsteling kossoorte is braaivleis.  In hierdie opsig is sy ‘n regte boeremeisie.  Oor wie haar gunsteling onderwysers was, het sy geantwoord:  “Dis regtig ‘n moeilike vraag om te beantwoord, aangesien so baie van die onderwysers by Hoërskool Strand my so goed beȉnvloed het, selfs al het ek nie by hulle almal klas gehad nie. Mnre. Louw, Van Dyk, mevv. Terblanche, F. van Niekerk en Van Rensburg asook mnr. Mostert. Die lysie gaan aan. Marilene voel dat mev. Van Niekerk die grootste rol gespeel het in wat sy met haar lewe gaan doen.

Haar wenke vir sukses:  Moenie die mag van oplet in die klas onderskat nie. Dit maak die werklike leerproses soveel makliker. Moenie bang wees om hardop te leer nie. Mense mag dalk dink jy is nie by jou positiewe nie, maar hulle sal stilbly as daardie goeie resultate terugkom. Verstaan ook dat elke persoon se definisie van ‘goeie resultate’ verskil. As 65% jou beste is, mik daarvoor en vier dit as jy dit regkry. Persoonlike doelwitte is beter as kompetisie.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s