MUSIKALE TEATER BY DIE ARENDE


-Leoné van der Westhuizen

© Hoërskool Strand 2016

© Hoërskool Strand 2016

Met die vakansie alreeds in die agterkoppe van die meeste leerders en verseker al die personeel van die Arend-familie van Hoërskool Strand, was daar maar min om werklik oor opgewonde te wees.

Met die “kuikens” se verwelkoming wat verby is, is daar nou net twee dinge wat op die lippe van die leerders aan hierdie skool is: Interskole en die “graad aggies se nuwe vak!”  Tientalle seniors het al kom uitvis, mor en skimp oor hierdie nuwe vak wat vanaf vanjaar aan Hoërskool Strand aangebied word.

Met die steun van die Beheerraad, ouers en groeiende behoefte onder die leerders vir ‘n vak soos hierdie, is daar besluit om die Skeppende Kunste vakkeuses uit te brei met ‘n splinternuwe vak waarmee nie baie skole kan spog nie.  Hierdie vak word dus vanaf vanjaar vir die eerste keer formeel aangebied as deel van die graad 8-leerplan in die Skeppende Kunste.

Aangestel in die pos van dosent vir hierdie vak sowel as die kultuurbestuurder van Hoërskool Strand, is mnr. Danie Stander.  Hy  is ‘n oud-Matie wat met ‘n B.Dram-graad, ‘n NOS-kwalifikasie, ‘n MA in English Literature of the Victorian Age en tans besig met sy PhD in die oeuvre van Reza de Wet as Suid-Afrikaanse dramaturg, kragte by die Arende kom voeg.

Onder die uiters bekwame leiding van meneer Stander gaan ‘n aantal graad 8-seuns en dogters dus vanaf 2016 die voorreg hê om ‘n vars en praktiese kurrikulum te volg waarin sang, dans, drama asook die gebruik van instrumente as kunsmedium, deel van hierdie kursus aan die Hoërskool Strand sal uitmaak.  Die nuwe vak, Musikale Teater, fokus op die maak van teater met musiek, sang en dans as ondersteuning tot drama.  Die einddoel van die kurrikulum is om leerders te ontwikkel vir die verhoog met die oog op die uitdagende wêreld van die Musical as genre, maar ook die vak in te faseer tot volwaardige VOO-vak.

Ouers van ons skool is welkom om met hom kontak te maak oor die inhoud van ons vak deur hom per epos by admin@hsstrand.co.za te kontak.  Ons sien baie uit na die vertonings wat uit die pen en hart van meneer Stander gaan kom en kyk uit vir sy sterre op die verhoog van Musicals oral oor.  En vir diegene wat voel dat dit onregverdig is…ontspan en gun die kuikens van 2016 aan die Hoërskool Strand iets nuuts…soos Oupas en Oumas jou ‘n selfoon gun.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s