Welkom geluk en voorspoed…Welkom 2016!!


-Danielle Kleyn

© Hoërskool Strand 2016

© Hoërskool Strand 2016 Links: Chandre Ehrlich , Regs: Bianca Matthews

Niemand kan stry dat 2015 ‘n mengelmoes van geluk, en ongelukkig ook trane was nie. Dis tyd om die goeie herinneringe van 2015 in ‘n rugsak te sit, en 2016 vol moed aan te pak! ‘n Paar van die leerders in elke graad het hul drome vir 2016 met die redaksiespan gedeel en ‘n oomblik geneem om terug te kyk na die herinneringe wat in 2015 gemaak is.

Lenette Kleyn graad 8

Gunsteling herinnering van 2015 – Al die wonderlike plekke wat ek vir die eerste keer gesien het .

Motto vir 2016 – Work as hard as you play.

Doelwitte vir 2016 – Om die jaar met ‘n sukses af te sluit en soveel mense se lewens as moontlik aan te raak. Ek wil ook graag by die Ti amo-organisasie betrokke raak.

Drewan van der Westuizen graad 8-

Gunsteling herinneringe – Die gevoelens wat ek saam met my vriende beleef het nl. huil, lag ens. Elke oomblik was spesiaal.

Motto vir 2016 – Moet nooit opgee nie;  jy sal jou drome bereik.

Doelwit vir 2016 – Om goed te doen op skool en te slaag, om soveel vriende as moontlik te maak.

Andre Engelbrecht graad 9-

Gunsteling herinnering van 2015 – Die kuikenkonsert is ‘n herinnering wat ek saam met my wil neem.

Motto vir 2016 – Leef vir vandag, want dit mag dalk die laaste dag wees.

Doelwit vir 2016 – Om goeie punte te behaal en die Suidooster te verbeter. (Andre is ‘n lid van die redaksie.)

Rikus van Nieuwholtz graad 10-

Gunsteling herinnering van 2015 – Toe ek my “longboard” gekry het!

Motto vir 2016 – Never give up. Ever.

Doelwit vir 2016 – Om ‘n gemiddeld van 70% te behou.

Chandre Ehrlich graad 11-

Gunsteling herinnering van 2015 – My besoek aan Europa en ek die geleentheid gekry het om hul wêreld en  kultuur te kon beleef saam met wonderlike mense.

Motto vir 2016 – Life isn’t about finding yourself but creating yourself.

Doelwit vir 2016 – Om te doen wat ek wil, nie toe te laat dat mense my terughou nie.

Samantha Wilmot graad 12-

Gunsteling herinnering van 2015 – Toe ek begin toutrek het, was ek deel van ‘n familie en nie net ‘n span nie. Die feit dat ons saam gewen of verloor het sonder om mekaar te blameer.

Motto vir 2016 – You get what you work for. Hoe harder jy werk in die lewe, hoe groter is die beloning.

Doelwit vir 2016 – Om in die Springbokspan opgeneem te word vir toutrek en in Nederland te gaan deelneem.

Bianca Matthews graad 12-

Gunsteling herinnering van 2015 – Sjoe, daar is so baie. Ek het wonderlike mense ontmoet wat my baie geleer het. Ek het goed presteer in graad 11en die tye wat ek saam my vriende op die strand baljaar het. Ek het myself ook leer aanvaar vir wie ek is en ontdek dat daar werklik mense is daar buite wat omgee vir ander en hul selfbeeld nie probeer afbreek nie, maar eerder bevorder .

Motto vir 2016 – Forget about the past, if you don’t it will stop you from achieving greatness.

Doelwit vir 2016 – Om in my matriekjaar elke dag hard te werk en net my beste te doen. Om ‘n beter mens te wees deur mense te help . En veral om my matriekafskeid te geniet.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s