Leef vir liefdadigheid


-Danielle Kleyn

© Hoërskool Strand 2016

© Hoërskool Strand 2016

Ralph Waldo Emerson het gesê:  “The purpose of life is not to be happy. It is to be usefull, to be compassionate”  Baie van ons voel dat ons dalk nie genoeg doen om ander mense te help nie. Daar is baie geleenthede hoe jy vandag ‘n glimlag op iemand se gesig kan sit sonder dat jy al jou sakgeld hoef uit te gee.

Idee 1 : Raak betrokke by Hoërskool Strand se Ti Amo-vereniging

Die vereniging is onder leiding van die liefdevolle juffrou Sandra van Rensburg in kamer 118.  Indien jy kies om betrokke te raak by dié organisasie, kan jy onder meer pouses help by die smeer van broodjies wat by die Helderberg Hospitaal uitgedeel word. As jy verkies om na skool betrokke te wees, kan jy ook saam met die groep sopkombuise , kinderhuise en ouetehuise besoek om iemand se hartjie warm te maak met omgee en liefde. Ondersteun ook die fondsinsamelings wat dwarsdeur die jaar geloods word soos kaalvoetdae.

Idee 2 : Gee wat jy het

Kontak die DBV en hoor of hul donasies of hulp nodig het om die diere te versorg. Jy sal nie net Wagter se dag maak nie, maar ook hope pret hê, aangesien dit terapeuties is om met diere te speel . Kyk in jou kas vir klere wat jy nie meer dra nie en skenk dit aan ‘n organisasie wat dit by mense kan uitkry wat dit benodig. Gaan besoek ‘n ouetehuis en gee koekies wat jy self gebak het aan die oumense. Baie van hul is stoksielalleen en het maande laas besoekers gehad.

Idee 3 : ‘n Geskenk uit jou hart

Kyk om jou rond…wie lyk of hul ‘n drukkie nodig het? Maak ‘n banier wat lui : gratis drukkies vir dié wat dit nodig het!  Soms is die beste geskenk wat jy aan iemand kan gee, net ‘n skouer om op te huil en ‘n oor om te luister.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s