Op julle merke, gereed, vlieg!


-Leoné van der Westhuizen

© Hoërskool Strand 2016

© Hoërskool Strand 2016

Hoërskool Strand se kuikens moes op 12 Januarie die nes verlaat, of hulle nou wou of nie. Benoude laggies, senuweeagtigheid en selfs ‘n traan of twee was gewild onder die nuwe graad 8’s wat geklee was in geel winkelsakke, snawels en ‘n gekookte eier in die hand- een wat hulle nie kon waag om te verloor nie.

Die Verwelkomingskomitee was verantwoordelik om elke lid van hulle groepie ten alle tye te beskerm teen die groot Arende van die skool. Die week was gevul met propvolle skedules, van repetisies vir die kuikenkonsert tot kleure-atletiekuitdunne en selfs nou en dan tyd vir ‘n toebroodjie.

© Hoërskool Strand 2016

© Hoërskool Strand 2016 Kuikens sprei hul vlerke

Die Kuikenkonsert was ‘n reuse sukses en die gehoor was veral in ekstase oor die seunskoor begelei deur ons hoofseun, Johan Eybers. Elke kuiken kon sy of haar baadjie met trots aantrek, natuurlik eers nadat die Kuikentoets geslaag is. Nou is die graad 8’s gereed om die pad tot ‘n volkome Arend aan te durf. Sterkte, en vlieg hoog!

© Hoërskool Strand 2016

© Hoërskool Strand 2016 een, twee, drie, vier … staan in ‘n ry

 

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s