Verwelkomingskomitee oriënteer vroeg in 2016


-Kurt Hartley

© Hoërskool Strand 2016 Mnr. Willem Maré, Danico Maré, Esterlie Maré en Mev. Christa Maré

© Hoërskool Strand 2016
Mnr. Willem Maré, Danico Maré, Esterlie Maré en Mev. Christa Maré

Dinsdagoggend, 12 Januarie, het die die oriënteringsweek begin en is vanjaar se graad agts, of “kuikens”, by Hoërskool Strand, verwelkom.

Die week het geskied onder leiding van die Verwelkomingskomitee in samewerking met die Hoërskool Strand-personeel. Daar was mentors wat vir die kuikens beskerm en gelei het, maar ook gehelp het om die skool se vyf waardes, veral respek, aan aan te leer.

Tydens die week het die verwelkomingskomitee ‘n reeks aktiwiteite met die kuikens gedoen. Hierdie aktiwiteite het ingesluit ‘n toer van die skoolgebou, mentorsessies, atletiek- en adminperiodes, asook repetisies vir die jaarlikse kuikenkonsert en kuikendans.

Beide die gehoor en die kuikens geniet die Kuikenkonsert vreeslik. Dit dien ook as ‘n baie effektiewe wyse om eenheid onder die graad agts te skep en die skool se waardes in werking te stel. Hierdie jaar was daar so ‘n groot belangstelling dat daar drie konserte gehou is.

Die konsert en die oriëteringsweek as geheel was baie suksesvol. Die kuikens het soveel potensiaal en dit was ‘n voorreg om saam met hulle te werk. Die Verwelkomingskomitee is baie opgewonde om die res van die jaar ook ‘n pad saam hierdie besondere groep te stap.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s