PRETLOOP 2016


-Talita Momberg

Die opwinding was tasbaar in die lug terwyl almal reggemaak het om die 5 km pretloop te stap, te draf of te hardloop. Orals is foto’s van vriende en familie geneem.  Die luidspreker was luidrugtig. Die jongmense het uiters onfiks gevoel  toe ‘n paar onderwysers by hulle verbygedraf het. Dit was ‘n lieflike roete om die dam oorkant Hoërskool Strand en deur die skoolgrond. Die jong kinders het dit veral geniet om bo-oor die bruggies te loop. Die 5 km roete het meer soos ‘n 50 m stappie gevoel.

‘n Groepie gr. 8-seuns het besluit om vir ‘n tweede keer die roete te ‘sprint’. Die mense by wie hulle verby gehardloop het, het seker regtig bedenkinge gehad. Waar hulle díe energie vandaan gekry het, weet nugter alleen. Na die aangename stappie, kon die deelnemers hulself verfris en gemaklik maak op die pawiljoen voordat die pryse uitgedeel is. Dit was verskriklik humoristies toe die pryse meestal aan die leerders uitgedeel is. Die aand het geëindig met tevrede deelnemers wat die ene glimlagte was. Die pretloop was ‘n genotvolle gebeurtenis wat jaarliks herhaal moet word.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s