Lelie blom by Hoërskool Strand


-Danielle Kleyn

Die  matrieks van Hoërskool Strand, Parel Vallei, Hottentots-Holland asook ‘n paar privaatskole, het gelê soos hul lag vir die briljante vertoning van die Kwart-voor-sewe-lelie, die Afrikaanse voorgeskrewe boek vir graad 12-leerders.

Dit  handel  oor die  lewe van Iris, ‘n gewone, jong meisie.  Iris voel niemand luister ooit na haar nie. Die  dokter het dadelik na haar geboorte na die volgende bevalling gehardloop  en haar ma het aan die slaap geraak.  Boonop voel sy minderwaardig  teenoor  haar  twee beeldskone ouer susters, Elsa en Kara.  Dus  skep Iris haar eie fantasiewêreld  waar sy deur haar alterego Greta, leef. Iris leer dwarsdeur die roman verskeie betekenisse van haar naam.  Moontlike betekenisse vir haar naam is ‘n blom, ‘n deel van die oog en ‘n godin in diens van ander hoëre gode .  Die hoofkarakter voel dat sy dalk nes die blom waarmee sy ‘n naam deel net een keer die geleentheid kan kry om te  blom. Iris ontmoet ook toevallig ‘n ingenieur, Peter.  In haar fantasiewêreld het sy ook ‘n Peter geskep en voel sy dit kan nie net bloot toeval wees nie. Iris raak verlief op hom. Wanneer die werklikheid finaal interessanter as  haar fantasiewêreld word, laat vaar sy die fantasieë.

“Daar  is  min toneelstukke  wat  my al so vasgvang  gehou het soos hierdie een .  Dit was werklik  baie  energiek  en kreatief”  –  Damian de Almeida (Hoërskool Strand)

“Ek  dink  dit  was  baie humoristies. Die akteurs was briljant.” Sanet Wiese (Hoërskool Parel Vallei)

‘n Staande applous vir die vier uitstekende spelers wat elke karakter so kleurvol  uitgebeeld het dat elke lid in die gehoor hulself kon inleef in die werklike en  fantasiewêreld van Iris, die hoofkarakter.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s