Sal Jy met My dans?


-Nicky-Louise Byrnes

Die maand van liefde het vroeg al geseëvier in Hoërskool Strand. Rose, kaartjies en geheime bewonderaars was die hoogtepunt van elke pousegesprek, maar natuurlik ook saam met wie jy Valentynsbal toe gaan.

Die jaarlikse Valentynsbal van Hoërskool Strand was op die 13de Februarie, ‘n Saterdagaand, gehou. Die VRL was verantwoordelik vir die jaar se beplanning en verkoop van kaartjies.

Saterdagmiddag was daar nog kaartjies te koop in die skoolsaal terwyl die leerderraad hartjies en versierings in plek gekry het vir die groot aand. Die Valentynsbal het om 19:30 begin en 22:45 klaargemaak.

Met die intrapslag is ‘n romantiese atmosfeer geskep deur die Cupids wat by die hoofingang gestaan en liefdespyle en boë geskiet het. Kaartjies is in die voorportaal by juffrou Kotzé en me. van Niekerk ingehandig.

Net voor die paartjies die saal binnegekom het, word hulle foto deur ‘n professionele fotograaf geneem sodat die oomblik onvergeetlik is. Die saal is met hartjies, rooi, wit en pienk versier. Daar is ook ‘n platejokkie gehuur om die aand met musiek in te kleur. Kollewyntjies met hartjies, sterretjies en soetgoed is uitgestal vir diegene wat ‘n soettand het.

Die meisiesvierkant is vol stoele gepak waar daar nog laat in die aand volstoom gekuier is wanneer die dansers se voete ‘n blaaskansie van die musiek gevat het. Heerlike pasteitjies en mini-hamburgers het enige leë spasie gevul. Die leerders kon verder kies tussen ystee en water indien hul hul dors wou les.

Die VRL het hard gewerk en die aand was ‘n reuse sukses. Die liefde het tot laat in die aand geblom soos rose in ‘n roostuin.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s