Zaid en Misha vat voor…


-Linzé Dippenaar

Meisieskaptein: Misha Erasmus

  1. Wat is jou visie vir interskole 2016?

My visie is dat Hoërskool Strand die interskole aanpak met ‘n goeie gees en elke Arend trots kan wees op die resultate aan die einde van die dag.

  1. Watter doelwitte wil jy graag behaal by interskole 2016?

Ek wil graag so veel moontlik punte vir my skool verwerf, daarom wil ek graag in al my items in die top drie eindig.

  1. Wie het ‘n groot bydrae gelewer in jou sukses as atleet?

My ma wat altyd langs die baan sit en my uitdaag om my beste te gee in elke wedloop.

  1. Waaraan dink jy voor ‘n wedloop begin?

Ek dink aan my laerskoolafrigter, oom Johan, se woorde: ‘’Dit is jou baan,’’ want dit herinner my dat my grootste kompetisie met myself is en ek nie myself moet vergelyk met ander atlete nie.

  1. Wat wil jy graag na interskole bereik as atleet?

Ek wil graag weer vanjaar Boland kry vir die 200 meter.

  1. Wie is jou rolmodel en hoekom?

My ouers, my pa se saggeaardheid en kalmte deur moeilike situasies en my ma se deursettingsvermoë.

  1. Wat sal jy graag wil sê vir jou mede-atlete?

Daar is geen perk op jou krag as jy dit van God vra nie. Hou jou oë op jou doelwit en gaan voluit daarvoor!

Seunskaptein: Zaid Williams

  1. Wat is jou visie vir interskole 2016?

My visie vir interskole 2016 is om weer ‘n goeie spangees in ons skool op te bou. Ek wil ook as kaptein ander motiveer om hulle beste te gee in alles wat hulle doen, aan te hou groei as persoon en nuwe uitdagings aan te pak.

  1. Watter doelwitte wil jy graag behaal by interskole 2016?

My doelwit is om elke wedloop suksesvol te voltooi en probeer om ‘n rekord agter my naam te kry.

  1. Wat is jou lewensmotto?

Gelukkig te wees in alles wat ek doen en sukses te behaal.

  1. Wie het ‘n groot bydrae gelewer in jou sukses as atleet?

Ek sou sê alles is te danke aan my Vader in die Hemel wat my geseën het met die wonderlike talent. Hy het ook altyd vir my gesorg deur die regte mense oor my pad te stuur.

  1. Waaraan dink jy voor ‘n wedloop begin?

Eerstens stel ek vir my ‘n doelwit, en dan beplan ek wat ek gaan doen om die doelwit te behaal. Ek besluit om myself te druk uit my gemaksone, rustig te bly en te doen wat ek die beste doen.

  1. Wat wil jy graag na interskole as atleet bereik?

Ek wil groei as persoon deur aan my swak punte te werk, maar ook aanhou my sterk punte te verbeter. As jy een van die beste atlete wil wees, moet jy aanhou om jouself te verbeter deur die harde werk in te sit.

  1. Wie is jou rolmodel en hoekom?

My rolmodel is my Vader in die Hemel. Hy sal ons nooit teleurstel nie. Hy het ons so lief dat Hy sy enigste seun gestuur het om ons vry te maak. Hy is my rots!

  1. Wat sal jy graag wil sê vir jou mede-atlete?

Moenie opgee op jou drome nie! Weet en glo God het ‘n groot talent aan een en elk van ons gegee. Gee al jou probleme en goed wat stres veroorsaak vir God en wandel in die teenwoordigheid van God. Jy mag dalk voel interskole is ‘n reuse berg. Kom ons lig ons koppe op en vat hierdie uitdaging aan. As jy moeg is en voel jy wil opgee, hou goeie moed tot jy bereik wat jy wil bereik. ‘’Don’t stop till you are done!’’

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s