Die Skoolhoof se regterhand


-Michelle Olivier

Ontmoet vir mev Elmarie Smit, ‘n baie belangrike vrou in die lewe van die skoolhoof, mnr Christiaan Klopper, van Hoërskool Strand.  Sy is mnr Klopper se sekretaresse en is die persoon wat sorg dat sy dag glad verloop en alle administrasie in die kantoor hanteer.  Sy is ook verantwoordelik vir al die onderwysers se aanstellings en leerders se inskrywings.

Sy het in die Paarl groot geword en is ‘n oudleerder van die bekende Bolandse skool, Paarl Gimnasium.  Mev. Smit is ‘n baie ervare sekretaresse, en was vir 17 jaar die skoolhoof van Laerskool Beaumont se sekretaresse, voordat sy 10 jaar gelede by Hoërskool Strand se personeel aangesluit  het.  Sy was reeds die regterhand van drie van Hoërskool Strand se skoolhoofde nl. mnr Vorster, me Nowers en mnr. Klopper.

Sy is baie aktief in haar vryetyd en hou daarvan om haar besig te hou met lees, om tennis te speel en om fiets te ry.  Sy word daagliks gekonfronteer met baie verskillende situasies wat kan wissel van baie stresvol tot hartseer, en selfs somtyds komies.  Maar iets wat haar nog altyd amuseer, is wanneer groot seuns in trane uitbars as hulle selfone afgevat word, veral aangesien almal weet dat selfone ‘n verbode voorwerp is by Hoërskool Strand!

Mev. Elmarie Smit is ‘n gewaardeerde lid van die pesoneelkorps van Hoërskool Strand, en speel beslis ‘n baie belangrike rol in die sukses van ons skoolhoof.

 

 

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s