Rugby vier hoogty by Hoërskool Strand


-Andre Engelbrecht

STRAND – Die somer is verby en die rugbyseisoen is terug. Hoërskool Strand het besluit om hul eie voorseisoen se Mini-7’s toernooi te hou ter voorbereiding vir die oorspronklike seisoen.

Die redaksie het besluit om ‘n onderhoud te voer met mnr. Wikus van Dyk (afrigter van die o.15’s) om ‘n bietjie meer uit te vind waarom die opgewondenheid so groot was, en dit is te verstane.

Na ‘n suksesvolle 2015-rugbyseisoen kon die spelers nie meer wag om hul atletiekstewels te verruil vir hul rugbytoks nie. Die week na die Somer-interskole, het die rugbyafrigters dit goed gedink om die proewe so gou as moontlik af te handel om ‘n span bymekaar te sit om aan ‘n Brackenfell-byeenkoms te gaan deelneem. En die week daarna, tydens die vakansie, in Hermanus te gaan speel.

Die afrigter het besluit om ‘n tweede “proewe”  in die vorm van ‘n sewestoernooi te hou.”Ons wil alle o.14 en o.15-rugbyseuns die geleentheid bied om hul talent op die rugbyveld ten toon te stel”, het mnr. Van Dyk gesê. Meneer Van Dyk is gevra om sy hoogtepunte van die toernooi te deel: Volgens hom is die hoogtepunte die goeie spel en spangees tussen die spelers en ook die eersterugbyspan-afrigters wat hulle spanne goed bestuur het.

Daar het in totaal agt spanne deelgeneem waarvan daar vier per ouderdomsgroep ingeskryf is. Die hele toernooi was ‘n groot sukses volgens al die afrigters en die spelers en die toeskouers het dit vreeslik geniet.

 

 

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s