Redaksie gerat vir nuwe tegnologiese era.


Hoërskool Strand © 2016

Hoërskool Strand © 2016

-Danièlle  Kleyn

Media24 het twee van Hoërskool Strand se redaksielede genooi om op Saterdag 12  Maart 2016 deel van hul OnsKan24 veldtog te wees.  Dis een van Media24 se  projekte waar hul poog om jong joernaliste op te  lei.

Vriendelik is ons saam met ‘n  sekuriteitswag vergesel  na  die 26ste vloer waar die   opleiding moes plaasvind,  en ons het dadelik by  die  groot  glasvenster uitgekyk .   Dit was nog redelik vroeg in die oggend, maar  die stadslewe was alreeds baie   besig. Daarna is ons na die dak van die gebou en ons asems is weggeslaan deur  die uitsig oor Tafelberg –  dit was ‘n kunswerk om te beleef.  Ons verwagtinge vir   hierdie dag was groot  –  amper net so groot soos die reuse gebou waarin ons  onsself  bevind het. Min het ons geweet ons verwagtinge sou ver oortref word.

Ons het onder meer geleer hoe om ‘n perskonferensie te behartig, hoe om die  perfekte foto’s te neem, wat die waardes van ‘n joernalis moet wees en ook talle  handige skryfwenke ontvang.  Daar was ook leerders van ander skole uit Parow en  Kuilsrivier en daar is beslis nuwe vriendskappe gesmee!

Een ding is vir seker, Media24 het hulself goed van hul taak gekwyt en beslis ‘n hele  klomp aspirant-joernaliste geȉnspireer!

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s