Blink toekoms wag op Bok-rugby


-Andre Engelbrecht

STRAND – Oor die jare het Springbok-rugby sy hoogte- en laagtepunte gehad wat wen en verloor en kritici aanbetref. Verlede jaar (2015) was geen uitsondering nie.

Sedert die insluitings van Suid-Afrika in internasionale sport in 1994, het Springbok- rugby net verbeter. Met afrigters onder andere Carel du Plessis, Nick Mallet, Jake White en Pieter de Villiers, het Springbok-rugby versterk.

In 2011 na die Rugby Wêreldbeker toernooi in Nieu-Seeland, het Pieter de Villiers besluit om paaie te skei met die Springbokke en is Heyneke Meyer (voormalige Blou Bul afrigter) aangestel. In 2014 het hy sy eerste oorwinning oor Nieu-Seeland as afrigter beleef, maar dit was ook lank vergete toe Suid-Afrika vir die eerste keer in sy geskiedenis teen Argentinie (25 – 37) verloor het tydens die rugby Kampioenskap asook teen Japan (32 – 34) verloor het in die onlangse RWB toernooi.

Van toe af is Heyneke Meyer se afrigtingstyl deur die publiek bevraagteken. Al die kritici en vrae het gelei tot sy bedanking as Bok-afrigter in Desember 2105.

Daar is beoog om die nuwe afrigter op 1 April 2016 aan te kondig, wat toe later verskuif het na 12 April 2016.

Name soos Nick Mallet en Allistair Coetzee was gunstelinge, maar dit was die voormalige Sprongbok-assistent afrigter van Jake White en die Stormers / WP- afrigter, Allistair Coetzee, wat bo geëindig het.

Suid-Afrika begin hul internasionale seisoen met drie toetse tuis teen Ierland en dan die Castle Lager Rugby Kampioenskap. Daar is ook gereël dat hulle aan die einde van die jaar na Brittanje vertrek vir toetse teen Wallis, Skotland en ‘n Barbarians Span.

Allistar Coetzee gaan ‘n groot taak hê wanneer die tyd vir hom kom om sy nuwe groep aan te kondig as gevolg van al die beserings en dilemmas wat hom in die gesig staar.Die Arende bly getroue SPRINGBOK ONDERSTEUNERS

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s