Wiskunde kan prettig wees!


-Michelle Olivier

Donderdag 7 April het aangebreek en vir enige iemand wat van Wiskunde hou, was dit ‘n belangrike datum, aangesien die UCT Wiskunde-kompetisie plaasgevind het. Honderd een en sewenrig skole van regoor Kaapstad neem jaarliks deel aan hierdie hoog aangeskrewe kompetisie. Ongeveer 8800 kinders sak dan toe op die kampus van die Universiteit van Kaapstad om deel te neem aan die Wiskunde-kompetisie. Vyf en sewentig leerders van Hoërskool Strand neem jaarliks aan hierdie kompetisie deel. Dit is 15 leerders per grad. Vyf leerders per graad neem indiwidueel deel en vyf pare per graad durf saam die kompetisie aan. Leerders word gekies op grond van hul prestasie in die Harmony Wiskunde Olimpiade asook hulle algehele Wiskunde prestasie. Dit is ‘n uitstappie waarna almal baie uitsien en die rit per bus is deel van die pret. Die bus vertrek stiptelik om kwart voor 5 en gewoonlik is daar ‘n geleentheid om die kampus te verken en die kafeteria te besoek voordat die kompetisie in alle erns begin. Natuurlik moet jy eintlik hierdie tyd gebruik om jou lokaal waar jy gaan skryf, te soek, maar dit word gewoonlik sommer vinnig gevind en dan kan jy die res van die tyd gebruik om die kampus te verken. Dit is regtig ‘n uitsonderlike geleentheid om aan hierdie kompetisie deel te neem nie net omdat dit so aangenaam is nie, maar ook omdat jy jou horisonne verbreed. Teen die tyd dat jy om halfelf die aand terug is by die skool, is almal stokflou, maar baie tevrede.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s