Arende vlieg hoog in Mosselbaai


-Nicky-Louise Byrne

Hoërskool Strand  2016

© Hoërskool Strand  2016

Gedurende die Maart-April vakansie het tien van Hoërskool Strand se netbalspelers aan die Arrthur Johnson toernooi in Mosselbaai deelgeneem.

Die toer het vanaf Vrydag 18 Maart tot Woensdag 23 Maart geduur. Die netbalspelers is vergesel van juffrou Tania van der Walt en die eerstespanafrigter, Johlene Petersen.  Die skoolbussie het om 11:00 van Hoërskool Strand vertrek en het rondom 16:00 by Hoërskool Punt in Mosselbaai arriveer waar die span geregistreer het.

Daarna het die groep na hul blyplek in Hartenbos vertrek, wat tot almal se verbasing reg langs die see geleë was.

Hoërskool Strand © 2016

© Hoërskool Strand 2016

Die skedule vir die toer het soos volg gewerk: Vrydagaand het die spelers die geleentheid gekry om hulself gemaklik te vestig in hul kamers en vir aandete in die Spur gaan eet het. Saterdagoggend het die eerste wedstryde begin waar Hoërskool Strand Curro 18-3, Grootte Schuur 27-1, Ferdpostma C 27-1, Ferdpostma B 15-4 geklop het.

Direk na die laasste wedstryd het die dogters hulleself gaan verfris en aandete geëet. Daarna het die span na Hoërskool Punt vertrek om die Mejufrou en Meneer Sportweel te kyk.

Jana Retief van Hoërskool Strand is genomineer om deel te neem. Sy was pragtig geklee in ‘n silwer, sprankelende aandrok met spesiaal gekrulde hare deur die kaptein, Caleigh Stuart.

Hoërskool Srand het vir die tweede jaar die Mejuffrou Sportweek gewen.

Sondagoggend het die meisies die kerkdiens in die skoolsaal bygewoon en is die middag na Diaz Strand se Waterpark toe vir spanbou. Aangesien dit ‘n bietjie winderig en koud was, is daar toe besluit om liewer in die warmwaterswembad te gaan swem.

Maandag was die dogters weer volstoom op die netbalbaan en het die volgende prestasies bereik: Hendrik Potgieter 31-1, Ben Viljoen A 19-4 en President 25-0 geklop, maar 13-12 teen Kirkwood verloor. Dit was ‘n naelbytwedstryd. Maandagaand na aandete het die meisies en Juffrou van der Walt op ‘n middernagtelike toerroete gegaan na Mc Donalds vir ‘n “ietsie” om te knibbel en te drink.

Dinsdag het Hoërskool Strand 17-2 teen Woodridge gewen asook teen Bultfontein. In die semi-finale het Strand teen Vereniging Gimnasium gespeel en 19-10 verloor, maar in die finale Woensdag teen Hartswater 13-11 gewen en dus ‘n algehele derde plek in die toernooi behaal.

Vier van ons spelers is gekies om deel te neem aan die top 20 wedstryd, waar spanne bestaan uit die uitblinkers van die toernooi. Ons spelers wat gekies is, is onder andere Caleigh Stuart, Logan Leisse, Kayla Chatburn en Angelique Thau.

Verder is daar ses meisies van Hoërskool Strand geselekteer om deel te neem aan die Ierland-toerspan wat van 1-10 September deelneem. Baie geluk aan Caleigh Stuart, Logan Leisse, Kayla Chatburn, Minke Barnard, Chanell van Zyl en Nicky-Louise Byrne.

Namens die meisies wil die Suidooster ook hul dank uitspreek aan Juffrou van der Walt vir al haar rondryery en organisering gedurende die toer, maar ons wil aan “Coach” opreg dankie sê. Daar word gesê dat dit nie die spelers is wat die span maak nie, maar die afrigter.

 

 

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s