Eiffeltoring pronk in die hartjie van Suid–Afrika !


-Danielle  Kleyn

Die meeste van ons droom daarvan om Parys in Frankryk te besoek, maar daar is net te veel uitgawes daaraan verbonde om ‘n vinnige vakansie soontoe te reël. Gelukkig vir jou het Suid-Afrika sy eie “Mini–Parys” in Hartbeespoort by die French toast Koffiekroeg.

Hierdie bestemming spog met ‘n nagemaakte Eiffeltoring van 12 meter lank, Franse dekor, Franse agtergrondmusiek en selfs met hul eie “Lock bridge” –‘n bekende brug in Frankryk waar verliefde paartjies ‘n slot met hul name opgegraveer aan die brug hang en dan die sleutel in die rivier onder die brug gooi . Hierdie gebaar is simbolies dat hul liefde vir ewig sal hou . Die spyskaart wat in Frans asook Afrikaans gedruk is, pronk met verskillende lip-lekker franse “toast” disse en heerlike melkskommels . Die bestemming was oorspronklik gebou vir die verfilming van die Afrikaanse rolprent  “French Toast” wat verlede jaar in teaters gedraai het, maar die vervaardigers  het   besluit  om dit oop vir die publiek te maak .  Die toegang is gratis.

Besoek gerus die webtuiste by info@frenchtoastharties.co.za of skakel hul by 078 592 6953. Aangesien hul van Maandag tot Vrydag van 7:30-17:00 oop is, is dit gerieflik vir enige persoon se skedule.

Alhoewel die  Eiffeltoring  in Harties nie juis ‘n klipgooi van die Kaap af is nie (dis  in  die Noord–Wes  provinsie geleë ), is dit beslis baie nader as die ware  Jakob en die moeite  werd om te besoek!

© Hoërskool Strand 2016

© Hoërskool Strand 2016

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s