‘n Peuselhappie


-Talita Momberg

©Hoërskool Strand 2016

©Hoërskool Strand 2016

Het jy ooit lus vir ietsie lekker, maar jy is nie seker wat nie ? Hier is die antwoord vir daardie soektog na die perfekte ietsie om te eet. Dit vat net ‘n halfuur om voor te berei en maak daardie presiese leë plekkie in jou maag vol, sonder om ‘n sentimeter by jou middel te voeg . Die kuns van die quish. Dit kan as ‘n ligte middag- of aandete dien, asook ‘n peuselhappie of ‘n soutigheidjie vir ‘n partytjie of formele tee. Hierdie resep vorm ook deel van die spesiale BANTING dieet en is heeltemal glutenvry. So as jy lus is om in jou stywe denims in te pas, bak voort.

Bestanddele:

6 groot eiers ( geklits)

Spinasie ( jou eie hoeveelheid)

1 pakkie spek ( opgesny)

2 blokkies feta ( gekrummel)

½ teelepel sout

‘n bietjie gerasperde kaas

Instruksies:

Verhit die oond tot 200 grade celsius.

Smeer dan ‘n tertbak met botter sodat jou quiche nie daarin sal vassit nie.

Klits die eiers in ‘n bak tot lig en skuimerig ,voeg die sout by en plaas eenkant.

Plaas die spek in ‘n mikrogolf vriendelike bak en sit dit in die mikrogolf vir ongeveer 8 minute tot middelmatig gaar.

Sny die spinasie volgens smaak en voeg by die spek.

Plaas die spek en spinasie in die tertbak , strooi die gekrummelde feta bo-oor die spek en spinasie, gooi dan die geklitste eiers bo-oor alles en rasper ‘n bietjie wit cheddarkaas bo-oor. Plaas in die oond.

Bak ongeveer vir 30 min .

Die gereg kan warm of koud bedien word.

‘n Sakpasresep en die perfekte verskoning om ‘n onderbreking in jou eksamenstudies te neem en jouself te bederf. Wees gou eerlik… om te bak is baie beter as om te gaan gim.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s