Kyk verby die uiterlike


-Danièlle Kleyn

Onlangs vlieg ek van Johannesburg af Kaap toe . Terwyl ek in die vliegtuig klim, hoor ek ‘n ouerige egpaar sê vir mekaar hulle hoop nie hulle sit langs ‘n spesifieke man wat waarskynlik op dieselfde vlug is nie.

Toevallig beland ek toe langs die man. Ek moet erken, ek het hom ook geoordeel op grond van sy lang hare, ongeskeerde baard, outydse klere en arms oortrek met tatoeeërmerke. Hoe skaam was ek toe hy met my begin gesels en vertel hy is ‘n kommunikasiebestuurder vir ‘n vakbond wat die afgelope tyd so hard werk om die pot aan die kook te hou dat hy homself afskeep.

Hy vra my wat ek nà skool met my lewe wil doen en gee selfs ‘n bietjie lewensraad: “Moenie jouself blindstaar teen hoe iemand of ‘n saak van buite lyk nie; dis wat binne is wat saak maak.” Hy het dit vergelyk met slaptjips wat in bruinpapier toegedraai word:  Jy koop dit nie vir die buitekant nie, maar vir wat binne is.

Weer glo ek dat God mense met ‘n rede op jou pad sit .

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s