Leandie du Randt en Irene-Louise van Wyk besoek HS Strand se dames


Leandie du Randt en Irene-Louise van Wyk besoek HS Strand se dames

Hoërskool Strand © 2016

Hoërskool Strand © 2016

-Danièlle Kleyn

Hoërskool  Strand  se Ma-en-Dogteraand  was vanjaar  iets uit die boeke .  Dit is nie net omdat ons as Ma’s en dogters, en selfs oumas kon kuier nie, maar ons is ook toegespreek deur die bekende aktrise Leandie du Randt en die sangeres, Irene-Louise van Wyk, het die gehoor met haar pragtige stem vermaak.

Die redaksie van die Suidooster was gelukkig genoeg om ‘n onderhoud met die twee dames te kon voer .  Daar is so  heerlik gekuier dat die voorafbeplande vrae nie eers gerealiseer het nie!

Leandie  du  Randt

Hoërskool Strand © 2016

Hoërskool Strand © 2016

Jy het ‘n topverkoper boek geskryf. Is daar enige vooruitsigte vir nog een en indien wel, is dit weer ‘n selfhelpboek ?

Ja, ek is tans besig met die nuwe boek. Dit is ook ‘n selfhelpboek.  Ek dink ek sal altyd selfhelpboeke skryf, want ek sien myself nie in iets anders nie .

Wat is die belangrikste lewensles wat jy by jou moeder geleer het ?

My ma het vir my gesê wanneer mense ophou praat oor jou, moet jy bekommerd raak.  Wanneer hul oor jou praat, moet jy geëerd voel, want jy staan uit . Ek het dit nooit verstaan nie, maar ek verstaan dit nou .

Wat is jou gunsteling bestemming in Suid-Afrika en waarom?

Enige plek waar my man is  (Leandie is getroud met die Afrikaanse sanger, Bouwer Bosch ).  Ek is ook baie gelukkig waar ek werk het .

Wat is jou lewensmotto ?

Wees dankbaar. Wanneer ‘n mens ongelukkig oor iets is en jy gaan skryf neer waarvoor jy kan dankbaar wees, sal jy sien hoe verander jou houding .

Wat is jou grootste vrees?

Ek dink dat ek vrees dat ek eendag gaan wakker word en nie kan doen waarvan ek hou nie.

Wat sal jy vir die jonger jy te sê hê as jy kan teruggaan in tyd ?

Niks, anders sou ek nie nou my praatjie gehad het nie;  ek sou nie geleer het wat ek het nie.

Watter raad het jy aan meisies met swak selfbeelde?

Sjoe, die eerste stap is om eers te bepaal waaroor jy selfbewus is. As dit iets fisies is, verander dit: kleur jou hare, oefen, verloor gewig ens. As dit emosioneel is, gaan sien iemand wat jou kan help. Maar ek glo dat enige iets reggemaak kan word deur dankbaarheid.

Wat is jou top skoonheidswenk?

Was jou gesig. So eenvoudig soos dit! Veral in die beroep waarin ek my bevind, waar ek baie grimering moet dra, is dit belangrik om jou vel te laat rus.

Wat is vir jou die belangrikste eienskap in ‘n vriendin?

Sy moet my nie oordeel nie, maak nie saak wat nie .  Indien ek vir haar sê,, ek het ‘n moord gepleeg, moet sy my oordeel  nie, my help “and then kill me”.  Excuse  the pun!

Irene-Louise van Wyk

Wat is jou grootste vrees?

Treadmills ! Ek weet nie waarom nie, maar ek bevind myself elke keer op die grond!

Wat is die belangrikste lewensles wat jou moeder jou geleer het?

My ma was altyd positief gewees. Sy het baie goeie raad gegee, want sy het altyd geweet hoe om die regte ding op die regte tyd te s.

Wat is vir  jou ‘n bederfie na ‘n lang dag ?

Om my grimering af te haal, in my bed te lê met die ligte af, op sosiale media te wees en net te ontspan.

Wat is jou opinie op die stelling “musiek is terapie vir die siel”?

Dis beslis waar. Baie mense sukkel om te sê hoe hul voel en dan help musiek nogals om die gevoelens  aan te spreek . Ek het ‘n liedjie geskryf om my te help met die rouproses van my ma se afsterwe. Ek het basies my hele hart en siel op die papier uitgeskryf.

Wat is die doel met jul reis deur Suid-Afrika?

Die doel is om Leandie se boodskap by mense uit te kry, en ek gaan saam met haar en sing om my musiek by mense uit te kry en haar boodskap te versterk .

Wat is volgens jou die resep vir sukses?

Hou jou voete op die grond en jou kop in die wolke . Ek dink as jy eers dink jy is beter as ander mense is, is jy nie meer op die regte pad nie .

Wanneer het jy begin sing ?

Ek sing maar nog altyd, maar toe ek so agt jaar oud was, het ek besef dis wat ek vir altyd wil doen en daar is geen kans vir omdraai nie.

Waar sien jy jouself oor tien jaar?

Hopelik nog in die musiekbedryf en hopelik kon ek dan mense aanraak met my musiek.

 

 

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s