ATKV-Jeugberaad 2016


-Francious Pheiffer  

Die vakansie het aangebreek vir die meeste hoërskoolleerders, maar vir ‘n  handjie- vol leerders het die jaarlikse graad 11-ATKV Jeugberraad voorgelê. ‘n Koue Maandagoggend het leerders van sover as Upington die pad Goudini Spa toe aangedurf om 21:00 vir registrasie aan te meld.

Hoërskool Strand kon spog met die betrokkenheid van 12 leerders, en het beslis die Arende se naam hoog gehou by hierdie beraad. Gedurende die eerste week van die Julievakansie ( 27 tot 30 Junie ) het die graad 11- leerders die kans gekry om hulle horisonne op verskillende maniere te verbreed. Die leerders kon uit hulle gemaksone ontsnap en menings oor sekere gebeurtenisse vorm. Die beraad het die leerders ook aangemoedig om hulle karakter te bou sodat hulle goeie landsburgers kan wees, asook die ontwikkeling van toekomstige leiers.

Hoërskool Strand © 2016 Jeugberaad 2016

Hoërskool Strand © 2016
Jeugberaad 2016

Kundige sprekers het die leerders ook kom toespreek oor sekere onderwerpe naamlik die ekonomie, tegnologie en onderwys. Verskeie debatte het onstaan oor menings wat verskil, maar op die ou einde is dit net ‘n bewys dat elke mens sy eie opinie oor situasies vorm en dat mense soms gaan verskil van jou opinie. Tussen die sessies was daar genoeg tyd om nuwe vriende te maak en te lag saam met mense wat jy nog nooit vantevore ontmoet het nie. Daar was ook tyd vir ontspanningsaktiwiteite wat Goudini Spa bied, sowel as sportaktiwiteite.

Hierdie ATKV-beraad het godsdienstige grondbeginsels wat verseker dat leerders tydens die bywoning van die beraad nie net hulle horisonne oor die land verbreed nie, maar ook oor Christenskap en hulle verhoudings met God. Stiltetye was altyd van hoë belang en die leerders kon wegstap met ‘n boodskap, of self ‘n liedjie wat in hulle koppe vassit.

Maar hierdie beraad was meer as net om te leer. Leerders kon hulle ware identiteit ontdek en wegstap en probleme baie beter hanteer. Al die leerders het mekaar as vreemdelinge met die aankoms gegroet, maar mekaar op die laaste dag as beste vriende gegroet. Vriendskappe, leierskap en dissipelskap is saam met nuwe mense en nuwe uitdagings gebou.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s