Steyn se karakters meer realisties…


-Danielle Kleyn

Ons ken hom as die briljante skrywer wat asem in die misdaadromans ‘Donker Spoor’ en ‘Skuldig’ geblaas  het – Maar wie is Martin Steyn werklik ?

Op die oog af lyk Martin soos die gewone man op straat , maar wanneer hy jou met ‘n  misterieuse glimlag in sy oë en ‘n stywe handdruk begroet, weet jy – hierdie man het baie stories om te vertel.

Hoërskool Strand © 2016

Hoërskool Strand © 2016

 

Die reis na sukses was vir Martin allesbehalwe ‘n kitsgebeurtenis . Hy het aanvanklik B.Rek studeer, maar het egter gevind dat syfers en die besigheidswêreld beslis nie sy voorkeur geniet nie . Almal weet tog as jy nie jou werk geniet nie, is dit ‘n nuttelose saak. Martin het egter, anders as die meeste mense in so ‘n situasie, ‘n dapper keuse gemaak wat die meeste persone die skrik op die lyf sal jaag: Hy gaan voltyds skryf. Gelukkig skrik Martin nie vir koue pampoen nie, en blykbaar ook nie vir woorde en moordenaars nie!  Hy het toe Kriminologie en Kliniese Sielkunde aan UNISA studeer om ‘n bietjie meer soos die skobbeljakke te dink . Ongelukkig moes ‘Donker Spoor’ eers drie keer deur die keuringsproses gaan voordat dit uiteindelik gepubliseer is. Tog is sy motto: “Moet nooit opgee nie” en dit is presies wat hy nie gedoen het nie. Martin meen egter dat as hy ‘n kans kry om terug in die tyd te gaan, sou hy niks verander het nie, want als wat gebeur het, het ‘n bydrae gelewer tot waar hy nou is, en nog altyd wou wees. Al het hy al so baie sukses behaal, is nederigheid definitief een van die eienskappe wat hy uitstraal. Volgens hom het die mense wat hom bygestaan het met sy navorsing van sy boek, gehelp om hierdie droom van hom te bewaarheid en is soos die ink vir sy pen!

Vra jy hom in watter een van sy karakters se skoene hy vir ‘n ruk sal graag sal wil loop, sal hy sê Colin Meck . Hy meen die polisie is ‘n harde bedryf sonder baie bevorderingsgeleenthede en erkenning . Hy voel ook dis die karakter waarmee hy die meeste kan identifiseer. “My ander keuses is slagoffers en moordenaars,” antwoord hy met ‘n effense lag in sy stem.

Die aanhaling deur die Amerikaanse skrywer, Scott Fitzgerald,  beskryf Martin as hoërskoolleerder uitstekend : “ Writers aren’t people – they are a whole lot of people trying to be one person”. Hy het saam met die mense uitgehang wat as die ‘skuim’ beskou is:  hul het skelm gerook, hul hare was altyd te lank en hul hemde het altyd uitgehang.  Tog was hy ‘n akademiese presteerder en het 80% in al sy eksamens behaal; dus was hy nie iemand wat jy sommer in ‘n boksie kon plaas nie. Een ding is wel glashelder – hy’t al vroeg-vroeg geweet hy wil sy dae voor ‘n rekenaar deurbring, besig om stories te skep wat ander mense gaan lees en geniet.

Moet egter nie dink sy lewe word oorheers deur werk nie . In sy vrye tyd hou hy daarvan om te lees, veral ware misdaad. Boeke oor profielskepping van misdadigers amuseer hom die meeste.  Dit is sekerlik waarom sy karakters in sy werk meer realisties is as die persoon langs jou .  Hy luister ook graag na rock-altenatiewe musiek;  sy gunsteling-groep is Seether. Hy hou ook van lekker eet en sy gunsteling-restaurant is Stephanie’s Place in Somerset–Wes.

Daar is goeie nuus vir sy aanhangers. Sy nuutste  roman, ‘Swartval’, kan in Augustus verwag word. Hy wil nie te veel verklap nie, net dat dit die verhaal van een van die newekarakters uit ‘Skuldig’ is.  Aanhangers kan die lang wag verbykry deur elke dag ‘n klein gedeelte van sy kortverhaal in die bundel “Skrik op die lyf” te lees. Moet egter nie te vasgevang raak nie; netnou is die slot van die storie nader as wat jy wil hê dit moet wees!

 

Kitsfeite:

Sterreteken : Tweeling

Gunteling ding om te së : “cool”

reën of son: reën – ek is ‘n winterbaba.

Beroep wat hy nooit wil beklee nie: Tandarts

 

Besoek gerus sy webtuiste of volg hom op sosiale media by:

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s