Nuwe stuurman aan boord


-Danièlle Kleyn

‘n Wyse man het eens gesê: “ Dit maak nie saak hoe groot die golwe of hoe sterk die wind  is nie, met ‘n ervare kaptein aan boord , kan niks die skip sink nie”. By implikasie is ons nuwe hoof, mnr. Malan , beslis die geskikste keuse om Hoërskool Strand te lei . Ek het  die wonderlike geleentheid gehad om met meneer Malan te gesels om hom bietjie beter te leer ken.

Alreeds met die eerste skoolsaal hierdie kwartaal het dit duidelik geblyk dat ons nuwe hoof ‘n formidabele leier is . Die leerders en onderwysers het omtrent aan sy lippe gehang  soos hy die boodskap oorgedra het dat God ‘n plan vir elkeen het. Tog meen mnr. Malan dat alhoewel hy daarvan hou om voor te loop, voel hy dat ‘n mens soms iemand anders moet toelaat om te lei indien hul meer bekwaam is in die spesifieke situasie. Mens moet dus weet wanneer om die leisels oor te gee .

Mnr. Malan het ook duidelik ‘n groot humorsin. Op die vraag wat sy grootste vrees is, antwoord hy terwyl hy aan sy hare vat dat hy nie ‘n bang haar op sy hoof het nie…hulle almal val uit ! Victor Matfield is die sportster in wie se skoene die nuwe skoolhoof die graagste sal wil loop (alhoewel hy dink Matfield se skoene gaan effens te groot vir hom wees), want Meneer dink dat die bekende rugbyspeler uiters intelligent is en sal graag wil weet hoe hy daarin geslaag het om die opponente se lynstaankodes te ontsyfer. Dit is dus geen verbasing dat ‘n alternatiewe beroep wat mnr. Malan sou wou beklee, dié van ‘n rugbyspeler is nie.

Hierdie hoogs geleerde nuwe toevoeging tot die Arende-familie glo dat ‘n individu voordurend moet kursusse doen, omdat jy ‘n student van die lewe bly . Mnr. Malan kan onder andere die skoolvakke  Afrikaans, Lewensoriëntering en Geografie aanbied, en is ook gekwalifiseerd in Sielkunde. Op die huidige oomblik is daar geen planne in die pyplyn om veranderinge by die skool aan te bring nie, maar mnr. Malan verseker dat indien hy wel verandering aanbring, sal dit tot voordeel van die leerders, onderwysers en gemeenskap strek.

Dan, die vraag waaroor talle leerders wonder…wat dink die nuwe skoolhoof van die gewilde speletjie ‘Pokemon-Go’? “ Ek het slegs ‘n kort bespreking op die radio gehoor daaroor en tot die gevolgtrekking gekom dat ‘n mens maar versigtig moet wees . Maar ek sal graag meer wil leer daarvan”

Baie welkom by Hoërskool Strand, mnr. Malan.

Kitsfeite !

Gunsteling motor : “Enige vinnige motor!”

Lewensmotto: “Doen alles tot eer van God.”

Rolmodel : “My ma, vir die manier waarop sy met mense gewerk het, asook my FW-onderwyser .”

Iets wat amper niemand van Meneer weet nie : “Ek is ‘n Bloubul-ondersteuner.”

Droom vir Hoërskool Strand : “Dat Hoërskool Strand die top skool in die land sal wees”

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s