SA junior Surf Kampioen in die Strand


Marco Peek

Hoërskool Strand is ‘n skool wat vir baie dinge bekend is, onder andere sy uitmuntende sportresultate. Die Arende is bekend vir hul rugby, krieket, hokkie, netbal en vele meer. Maar elke nou en dan kry jy ‘n afwyking in dié patroon en dit is die geval met HS Strand se nuwe Suid-Afrikaanse Junior “Stand-up paddle” Kampioen, Henco Scholtz

Die Suidooster het die voorreg gehad om met die besonderse sportman ‘n onderhoud te kon voer:

Wanneer en waar het jy begin branderplank ry?

Ek het in September 2014 begin surf en het opleiding by Francois Frik, die eienaar van Natural Energy (‘n surf winkel), en sy seun, Dylan, ontvang.

Dink jy dat jy ‘n beroep uit branderplankry kan maak?

Beslis. ‘n Klomp mense het al en ek sal ook kan, met die regte resultate.

Het jy enige raad vir iemand wat graag wil begin surf soos ten opsigte van toerusting?

Begin maar deur toerusting te huur en om by bekwame mense lesse te kry. Daarna, indien jy dit verder wil voer, moet jy vir jouself jou eie toerusting koop en begin oefen.

Aan watter kompetisies het jy al in jou loopbaan deelgeneem?

Ek het al aan die Century City Sports Festival (2015) en die Waterfront Open Ocean Classic (2014) deelgeneem en die Marine Wharf Challenge gewen. Ek het ook in Durban die Pro Junior South African Title vir Waveriding en Racing (2016) gewen.

Wanneer en waar is al die verskillende kompetisies?

Dit is reg deur die jaar van Worcester, Kaapstad, Durban tot in Witsand.

Hoe werk die reëls van dié sportsoort? Kan jy byvoorbeeld provinsiale kleure kry?

Wel, daar is verskillende reëls vir die verskillende kategorieë.  Waveriding is anders as surfing, want jy het ‘n paneel beoordeelaars wat vir jou punte gee vir jou tegniek en die toertjies wat jy doen. By langafstandresies kan daar verskillende scenario’s wees vir hoe jy wegspring. Jy kan of aan die wal begin waar jy dan op ‘n spesifieke uitgemerkte roete ry, of jy begin in die water, op jou bord, met jou bene in die water aan eenkant van die bord. Wanneer die resies dan begin, moet jy so vining as moontlik op jou bord spring en begin roei om die roete te voltooi. By snelresies begin jy óf in die staanposisie óf in die sitposisie. Jy kompeteer dan teen so 2 of 4 mense in ‘n reguit lyn oor 200m. Daarna vind uitdunne plaas tot ‘n wenner bepaal word. Tegniese resies begin altyd aan land met ‘n ingewikkelde roete, wat tussen die branders in die see sal plaasvind.

 

 

 

Wat is alles belangrik wanneer dit kom by tegniek?

Wel, ek nooi almal uit, wat in die vraag belangstel, om ‘n toernooi by te woon aangesien daar so baie aspekte in die verskillende afdelings van die sportsoort betrokke is.

Waar dink jy is die lekkerste plek om te surf?

Suid Sumatra.

Jy het deelgeneem aan ‘n 10,5 km oop-oseaan resies. Wat behels dit alles? Hoe fiks moet jy wees om hierdie tipe resies te ry?

Dit was nie ‘n surf nie, maar ‘n resies afdeling. ‘n Swemmer gebruik so 540 tot 840kj om in 60 minute een resiespas te swem. ‘n Wedloper gebruik tussen 510 tot 650kj en ‘n fietsryer 300 tot 480kj, so ja ons moet fiks wees.

Hoeveel mense het aan dié kompetisie deelgeneem?

Daar was so 100 mense gewees.

Jy is die SA junior kampioen! In ‘n land met so ‘n  lang kusgebied is dit ‘n uitmuntende prestasie! Hoe het jy gevoel toe jy dit gehoor het?

Dit was ‘n fantasties gevoel gewees.

Dink jy jy kan geklassifiseer word as ‘n tipiese surfer?

Nee, ek dink nie so nie. Dit is meer ‘n leefstyl.

Dink jy die stigma teenoor die sportsoort en die stereotipiese siening van branderplankryers hou die sportsoort terug?

Nee, maar mense het ongelukkig ‘n wanopvatting oor surfers en subber (Stand up Panddleboard). Daar is wel ‘n Christelike groep, Son Surf, wat elke Donderdagaand ‘n informele byeenkoms vir alle surfers bied. Dis prettig om by te woon en so leef die surfers ook hul godsdiens uit.

Dink jy dat surfing ook die nodige aandag en erkenning verdien wat skoolsportsoorte soos byvoorbeeld rugby of hokkie kry?

Ja, beslis.

Jy is nogal passievol oor die sportsoort.

Ja, dit is beslis my passie. Almal wat my ken, kan dit getuig.

Ons wens vir Henco sterkte toe met sy voorlopige branderplankry-loopbaan en ons hoop dat branderplankry ‘n erkende skoolsport sal raak.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s