Inspirasie vir Hoërskool Strand-leerders


     -Talita Momberg                    

Dinsdag, 2 Augustus, het ons skool sy jaarlikse Tiamo-saalbyeenkoms gehad, met spesiale besoekers en bedankings asook die uitdeel van die alte gesogte Tiamo-balkie waarvoor 15 uur gemeenskapsdiens vereis word. Soos met alle Tiamo-saalbyeenkomste was daar groot opwinding tussen die leerders om te sien wie hierdie jaar se spesiale spreker sal wees. Die spreker is gewoonlik iemand wat ongelooflike dinge in die lewe doen ten spyte van moeilike omstandighede en gebreke. Daar was ‘n opgewonde gefluister in die vol saal toe Vernon Barnard, ‘n sanger wat op “ The Voice” ‘n populêre Afrikaanse TV-program verskyn het by die verhoog oploop. Hy het 17 Mei aan hierdie program deelgeneem. Vernon is ‘n ongelooflike inspirasie omdat hy ten spyte van sy blindheid ‘n vol lewe nie net gelewe het nie, maar nogsteeds leef.

Deur die loop van sy kinderlewe het hy 16 operasies ondergaan tot hy op die ouderdom van ses blind verklaar is. Tog het hy bo sy omstandighede uitgestyg … vandag is hy ‘n opkomende kunstenaar asook ‘n speler vir die internasionale blinde krieketspan.

Tog was hy so geëerd om met die saal vol kinders te praat en het hy ons net weereens herinner hoe belangrik dit is om onsself ten spyte van ons foute lief te hê en net die beste in onsself te sien … want dit motiveer weer ander om in hulself te glo. Die kinders het ‘n amperse lewendige opvoering gehad toe daar vir ‘n oomblik ‘n tegniese probleempie was en hy ‘n grap gemaak het deur om “ Hello” van Adelle ( ‘n Amerikaanse poster) te sing. Na die tyd het hy tyd gemaak om met van die leerders  te praat en foto’s saam met sommige leerders te neem.

 

Sy  “self love” soos hy dit noem en selfvertroue is inspirerend . Dit wys net dat ‘n mens enige iets kan doen as jy hard genoeg werk en jou alles gee.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s