Mnr. en Mej.Hoërskool Strand bring en stel hul kant


-Michelle Olivier

Anrich Stofberg en Chalize Theron, onderskeidelik Mnr. en Mej. Hoërskool Strand, het ‘n paar interessante vrae beantwoord:

  1. Hoekom het jy ingeskryf vir die Mnr ./ Mej. Hoërskool Strand-kompetisie?

Anrich: Ek het al in die begin van die jaar besluit dat ek meer betrokke wil wees

in my matriekjaar.

Chalize: Ek het net ingeskryf omdat my ma gesê, en my half gedwing het,

om in te skryf.  As  dit nie vir my ma was nie, het ek seker nooit eers

daaraan gedink nie.

 

  1. Wat het deur jou gedagtes gegaan toe jy gewen het ?

Anrich : Wat ???

Chalize: Ek was amper doodseker hulle het ‘n fout gemaak.

 

  1. Wat het jy die meeste van die ervaring geniet?

Anrich : Die oefentye was baie pret saam met die ander 23 finaliste.

Chalize: Die oefeninge in die aande, en natuurlik die groot aand.

 

  1. Watter pryse het jy alles gewen ?

Anrich : ‘n Sak, KFC-kombersie, Somerset Mall Gift card,dansklasgeskenkbewys,

lip-ice en sneesdoekies.

Chalize: Baie meisie “spoils”, grimering, naeldingetjies, geskenkbewyse, alles

waarvan ‘n meisie sal hou

 

  1. Die tema van die kompetisie was Walt Disney. Watter karakter het jy uitgebeeld?

Anrich : The Beast, van Beauty and the Beast, maar darem in sy menslike vorm.

Chalize: Belle, van Beauty and the Beast.

 

  1. Wie was jou metgesel op die loopplank ?

Anrich : Chalize Theron, wat ook Mej Hoërskool Strand is!

Chalize:  Anrich Stofberg.

 

  1. Hoeveel keer moes jy van uitrusting verwissel, en was daar genoeg tyd om die nuwe uitrustings aan te trek?

Anrich : Tegnies, 5 keer !  Ook maar net-net.  Ek moes eenkeer sokkies “skip” !

Chalize:  4 keer, en elke keer het die tyd minder gevoel.  Sonder die juffrouens daar agter sou ons elke keer laat gewees het!

 

  1. Indien jy dit alles kon oordoen, is daar iets wat jy anders sou wou doen ?

Anrich : Nee, glad nie.

Chalize: Ek sou bietjie minder wou stres en baie meer foto’s agter die skerms

neem.

Anrich Stofberg en Chalize Theron

9.Het jy enige iets oor jouself geleer tydens die kompetisie ?

Anrich : Om uit my “gemaksone” te kom, was toe nie so erg nie.

Chalize: Ek het geleer om nie dadelik vir myself te sê ek kan nie, as ek nog nooit probeer het nie.

 

  1. Wat is jou lewens-motto ?

Anrich : Leef elke dag asof dit jou laaste een is.

Chalize: “The greatest pleasure in life is doing what people say you cannot do.”

 

  1. Wat wil jy graag doen wanneer jy klaar is met skool ?

Anrich: Chemiese Ingenieurswese op Stellenbosch swot.

Chalize:  Ek het ‘n paar idees, maar vir nou fokus ek net om matriek eers klaar te kry.

 

  1. Waar sien jy jouself oor 10 jaar ?

Anrich : As ‘n Chemiese Ingenieur besig om die wêreld te verander.

Chalize: Getroud, met kinders en ‘n goeie werk.

 

  1. Neem jy aan sport deel, en indien wel, waaraan ?

Anrich: Rugby en atletiek, maar is ook permanent beseer.

Chalize: Ek speel vir die skool netbal, maar as rugby kyk op ‘n Saterdag ‘n skoolsport was, was ek in die eerstespan.

 

14.Het jy enige stokperdjies ? Indien wel, vertel ons daarvan.

Anrich : Enige aktiwiteit in die natuur, maar ek is ook ‘n FIFA bewonderaar.

Chalize: Gimnastiek, lees, slaap, kos eet en rugby kyk.

 

  1. As jy een plek in die wêreld kon kies om heen te gaan, waarheen en hoekom?

Anrich: Enige tropiese eiland.  Ek wou nog altyd graag gaan snorkel by sulke plekke.

Chalize: Enige een van Fidji se eilande, maar ek sal saam met my spesiale mens moet gaan. Die eilande is beeldskoon.

 

  1. Wat is jou gunsteling :
  • Kleur
  • Anrich: Rooi
  • Chalize: Pienk en blou; ek hou nie eintlik daarvan om net een kleur te kies nie!
  • Kos
  • Anrich: Enige iets van Simply Asia.
  • Chalize: Mc Donalds se nuggets.
  • Fliek
  • Anrich: Interstellar.
  • Chalize: Dirty Dancing.

 

  1. Vertel vir ons iets wat niemand van jou weet nie.

Anrich: Ek was in Laerskool Gordonsbaai.

Chalize: 7de Laan is ‘n moet vir my.  Dis ‘n program wat ek nie sommer sal misloop nie.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s