Me. M. du Toit – Onderwyser van die kwartaal


-Ariana Uys

1.1) Juffrou was betrokke by KykNet se “Skole Top Tien”. Is Juffrou tevrede met die uitslag?

Baie. Ons skool se aanbieding het ‘n paar van dié wat ek gesien het, oortref. Ek dink ook die sessie op die pawiljoen het almal se gees goed gedoen.

1.2) Sal Juffrou weer so iets aanpak?

Ja, ek hou van die uitdaging, maar dalk kan ons iemand anders ‘n beurt gee. My senuwees herstel nog.

1.3) Is Juffrou betrokke by enige ander aksies / aktiwiteite?

Ek help met vervoer van muurbal en tennis, reël die prysuitdelings, help met onthale en my grootste werk is die reël van eksamens.

2.1) As Juffrou nie ‘n onderwyser geword het nie, wat sou Juffrou andersins geword het? Hoekom?

Ek wou graag ‘n aptreker word.  Mediese wetenskap het my nog altyd gefassineer, maar sonder die naalde en die bloed.

2.2) Is Juffrou tevrede daarmee dat u ‘n Wiskunde-onderwyser geword het?

Dit voel nog elke dag soos ‘n geskenk.  Ek is baie lief vir my vak.

3.1) Watter werk wou u gedoen het toe u ‘n kind was?

Haarkapper of weeshuismatrone

3.2) Wat was u gunsteling vak op skool?

Musiek en Wiskunde

4.1) Wat is die beste deel van u werk?

‘n Kind se glimlag as hy iets nuuts verstaan…..en die klok 20 oor 2….

4.2) Wat is die slegste deel van u werk?

Terreindiens en eksamentoesig

5.) Hoeveel klasse het Juffrou op hierdie stadium?

5

6.) Hoe lank is u al ‘n onderwyser? (Wiskunde en Musiek)

29 Jaar.  Die eerste 18 jaar was musiek.

7.) Juffrou was ‘n musiek-onderwyseres. Wat het vir Juffrou van Musiek na Wiskunde toe laat verander?

Die onderwysdepartement het vir my ‘n wikunde kursus op ‘n skinkbord aangebied.  Dit het die ou liefde vir wiskunde weer laat opvlam.

8.) Wat het Juffrou gedoen voordat Juffrou ‘n onderwyser geword het by Hoërskool Strand?

Dit was my eerste werk.  Voor dit het ek op Stellenbosch studeer.

9.) Wie is Juffrou se rolmodel?

Ek het nie net een nie.  Ek steel stukkies by elkeen wat ek ontmoet.  Op die ou end maak ek ‘n onrealistiese model op wat ek nie kan kopieër nie.  Dan is ek maar weer net myself.

10.) As Juffrou 5 woorde kan kies wat u perfek sal beskryf, wat sal dit wees?

Hardwerkend en lui.

Humoristies en kwaai

Koningskind

11.) Het juffrou ‘n witbroodjie in die skool? (Wie is dit?)

Ja! Die hele 9B-klas, die hele 9H klas. ‘n Hele paar gr 10’s, 11’s en 12’s.

© Hoërskool Strand 2016

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s