Ons leer dat ons kan by die OnsKan24- span!


-Danièlle Kleyn

Verbeel jou: Jy kry die geleentheid om ‘n bekende model te ontmoet en om terselfdertyd iets nuuts by haar te leer? Dit is presies die geleentheid wat in vier van die Suidooster-redaksielede se skote geval het .

Op 20 Augustus het hul ‘n kursus, aangebied deur Media24, bygewoon. Die kursus het by die spogskool, Curro in Brackenfell, plaasgevind. Die kursus was gerig op probleme waarmee die verskillende skole in hul gemeenskappe worstel. Van die probleme wat aan die lig gekom het, is onder andere besoedeling, emosionele mishandeling en armoede. Daarna is almal aangemoedig om saam oplossings vir hierdie probleme te vind en dan hul inspirerende artikel van verandering te deel op die OnsKan24 platform . Die redaksielede van die Suidooster is ook deur ‘n professionele fotograaf geleer hoe om foto’s van uitsonderlike kwaliteit te neem om hul storie te vertel. Die vier leerders het ook die kans gekry om talle nuwe vriende in ander skole te maak en te leer van hul skoolkoerante.

Die ‘clothes to do good’ inisiatief het sakke vir asook penne vir die leerders geskenk. Die inisiatief , wat deur mejuffrou Suid-Afrika 2015 eerste prinses , Ntsiki Mkihze , bestuur word , poog om armoede in minder-gegoede gemeenskappe te verlig. Maar hoe kan jy betrokke raak ? Kortliks behels die projek die volgende:

  • Die insiatief koop jou klere wat jy nie meer gebruik nie teen R7 ‘n kilogram.
  • R5 word aan die organisasie van jou keuse geskenk (dalk aan ons skool se Ti Amo vereniging?) . Die oorblywende R2 word namens jou aan ‘n organisasie van die projek se keuse gegee.
  • Die klere word dan gesorteer en aan minderbevooregte entrepreneurs verkoop teen ‘n laer prys, en hul kan dit weer verkoop om ‘n inkomste te genereer.

Dink net, jou ou pak kan dalk iemand se nuwe werksuniform word! Meer inligting kan verkry word op die webtuiste .

Dit is algemeen bekend dat woorde kan kwets of kan bemoedig – en Saterdag is die redaksielede geleer dat hul woorde kan inspireer en mense kan verenig.

WP_20160820_004ed

 

 

Foto: Michelle Olivier

 

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s