Lente Liefde en Romeo


-Talita Momberg

Almal praat van ‘n somerliefde, maar wat van ‘n lenteliefde? Dis tog die seisoen waar dit die maklikste sal wees om vir daardie spesiale meisie ‘n bos blomme te koop … of vir lang wandels op die strand te gaan.

Lentedag het onlangs aangebreek tog is dit bewolk en reën dit op ‘n daaglikse basis. Alhoewel ons dit as sleg en neerdrukkend ervaar , voed dit die plante en verseker dat al die blomme sal kan blom en dat die natuur buite skoon en vars en gevoed sal wees.

Somtyds in die lewe of in baie gevalle van mense se liefdeslewens is daar ook ‘n bietjie reën nodig. Verhoudings kan met ‘n saadjie vergelyk word. Die saadjie is daardie gevoel wat jy kry as iemand vir jou kyk. Dit is daardie gevoel van vlinders in jou maag en jou hart wat in jou keel klop. Nadat elkeen in die verhouding daardie gevoel gekry het, is dit nou tyd om aan die verhouding te werk . Die saadjie moet gereeld water kry en daar moet baie aandag aan die welstand van die saadjie bestee word. Daar moet ook seker gemaak word dat die saadjie in goeie grond geplant word. Dit verwys na ‘n goeie basis vir die verhouding. Na ‘n rukkie sal die saadjie in ‘n plantjie ontwikkel en dan as genoeg aandag en versorging aan die plantjie bestee word, sal dit blom tot iets ongelooflik mooi. Dit is baie belangrik om te verseker dat jou verhouding opbouend en mooi is en nie afbrekend is nie.

Aan diegene wat nie in ‘n verhouding is nie of nie daardie spesiale ou of meisie se oog vang nie, onthou dis lente – die maand van die liefde. Romeo sou nooit Juliet gekry het as hy nie by daardie balkon opgeklim het nie . So wees waaghalsig, pluk ‘n roos en gaan deel jou hartsgedagtes.

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s