Hoërskool Strand verwelkom twee nuwe Onderwysers


~Zoé-Lee van der Merwe

Mev. Barnard en mnr. Van der Merwe het vanjaar by Hoërskool Strand begin skoolhou en die Suidooster het die voorreg gehad om vir dié nuwe onderwysers ‘n paar vrae te vra.  Mev. Barnard gee Musikale Teater en mnr. Van der Merwe gee Ingenieursgrafieka- en ontwerp.  Almal by Hoërskool Strand is verskriklik opgewonde oor die onderwysers en wens hulle voorspoed vir die toekoms by die skool.

  1. Wat was Juffrou/Meneer se eerste indruk van Hoërskool Strand?
  • Mev. Barnard:

Ek het twee kinders wat leerders is by die skool, so ek ken Hoërskool Strand  

 goed en is baie beïndruk met die skool.  My eerste dag as onderwyser hier

 het die goeie indruk wat ek het, versterk.  Almal, van die onderwysers tot

 die kinders in my klas, was baie vriendelik.

  • Mnr. van der Merwe:

Dit is ‘n groot skool – kinders met baie goeie maniere.

 

  1. Watter waarde, van ons skool, is vir Juffrou/Meneer die belangrikste en waarom?
  • Mev. Barnard:

 Verantwoordbaarheid. Dit is vir my baie belangrik dat ‘n mens iets moet  

 deurvoer.  As jy begin met ‘n ding, is dit jou verantwoordelikheid om dit te

 maak werk.  Ek glo nie sommer aan opgee nie.

  • Mnr. van der Merwe:

Integriteit.  Wanneer ‘n mens se dade en kwessies getoets word, kan ‘n mens

 sien wanneer ‘n persoon se fondasie gevestig is.  Wanneer ‘n persoon

 integriteit het, sal ander waardes in plek val.  Met integriteit volg dissipline,

 met dissipline volg respek.

 

  1. In watter hoërskool was Juffrou/Meneer?
  • Mev. Barnard:

Hoërskool Hoogland in Brakpan, waarvan so baie grappies bestaan.  So 30%

 van die grappies is geregverdig.

  • Mnr. van der Merwe:

Hoërskool Parys (in die Vrystaat).

 

  1. Aan watter aktwiteite het Juffrou/Meneer op skool deelgeneem?
  • Mev. Barnard:

Hokkie, atletiek, klavier, sang, kitaar en die skoolkoerant.

  • Mnr. van der Merwe:

Enigiets wat ek moontlik kon doen nl. rugby, krieket en die 100m en 200m in

 atletiek.

 

  1. Wat was Juffrou/Meneer se gunsteling vakke op skool?
  • Mev. Barnard:

Musiek en Geskiedenis

  • Mnr. van der Merwe:

Tegniese Tekeninge (nou IGO) en Houtwerk.

 

  1. Wat sal Jufforu/Meneer graag in Hoërskool Strand wil bereik?
  • Mev. Barnard:

Ek hoop om ‘n bydrae te lewer op die gebied van kultuur, sodat nog meer

 leerders die lekker van op die verhoog wees, kan ervaar.

  • Mnr. van der Merwe:

Om elke leerder te help dat hul fondasie gestel sal wees op Jesus se woord.

 Wanneer jy vir Jesus lewe, sal jou fondasie reg wees.

 

  1. Waarom het Juffrou/Meneer besluit om spesifiek hierdie vak te gee?
  • Mev. Barnard:

 Die vak bevat soveel fasette waarvan ek hou.

  • Mnr. van der Merwe:

Dit is ‘n baie lekker vak.  Wys vir my ‘n ander vak waar jy net kan teken en dit

 wat jy doen ten volle geniet.

 

  1. As Juffrou/Meneer jouself in drie woorde kon beskryf, wat sou daardie drie woorde wees?
  • Mev. Barnard:

Hardwerkend, entoesiasties, gemoedelik.

  • Mnr. van der Merwe:

Opreg, passievol, selfversekerd.

Die Arende verwelkom julle met ope vlerke.

img-20170125-wa0002

Mev. Barnard

Advertisements

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s