Kuikenkop Kinders


~Marli Botha

Die eerste twee weke van hoërskool is al klaar verby en die eerste een was by verre die beste. Al die graad agts was Dinsdagoggend vreeslik skrikkerig om by die skool in te stap en hulle kon nie vinnig genoeg probeer om iemand voor hul in te stamp sodat hul nie eerste hoef te gaan nie. Alles was vreemd en niemand het die skool geken nie. Om dit net nog erger te maak, het die VK-leiers vreesaanjaend gelyk toe die kuikens hulle die eerste keer gesien het!  Met die terugkeer van die kuikens Woensdag, was dit heeltemal ‘n ander storie. Niemand het geweet waar hulle moes wees nie en almal het soos afkopkuikens rondgehardloop. Toe al die kuikens se vere weer reguit gekam is, het die VK saam met hulle rondgeloop en hulle op ‘n toer van die massiewe skool geneem. Dit was amptelik die gr. 8’s se eerste normale skooldag. Donderdag was daar net een ding op al die kuikens se gedagtes nl. atletiek. Daardie middag het al wat ‘n kuiken is vreeslik verlig uit hulle kuikendrag en binne in hulle atletiekklere geklim. Dit was die kuikenatletiekuitdunne en de laaste een het oor latte en hekkies gespring terwyl die ander binne in die sand gaan speel het by verspring. Die vreeslike sterk kinders het almal gewys wat hulle kon doen by gewigstoot, spiesgooi, diskusgooi en ook by die wildvreemde sport vir die graad aggies nl. hamergooi.

Die vinnige klomp het mekaar uitgedaag op die atletiekbaan en so vinnig soos wat hul kuikenpootjies hul kon dra, na die wenstreep gejaag. Baie van die kuikens het daardie dag leer vlieg. Die dag het ongelukkig ook tot ‘n einde gekom en die leerders was vreeslik moeg. Hulle het hul uitslae  by die VK gekry. Die groepie kuikens het gevoel asof al hul vere uitgetrek is en wou net terug in hul nessies klim en gaan slaap, maar toe het hul ‘n verrassing gekry … Die kuikens moes liefdesbriefies vir hul eie VK mentor skryf!

Die kuikens en matrieks was almal saam in een saal vir hulle aparte seremonies waar die kuikens vir die eerste keer hulle baadjies kon aantrek en die matrieks hulle matriektruie ontvang het. Elke kuiken was baie senuweeagtig en bang dat iets sleg sou gebeur soos byvoorbeeld dat een van hulle sou  val op pad verhoog toe voor al die matrieks. Die konsert het aangebreek.

Daardie aand het al wat ‘n kuiken is sjokolade gaan koop en liefdesbriefies vir die VK leiers geskryf. Vrydag het aangebreek. Die kuikens het vreeslik moeg opgestaan, hulle vere gerek en die dag begin. Dit is ‘n belangrike dag vir die kuikens, want dit is nie net die kuikenkonsert nie, maar dit is ook die kuikenbaadjie-seremonie tydens saal.

Die konsert was ‘n reuse sukses en daar was vreeslik baie mense. Aan die einde het elke liewe kuiken hulself op die verhoog ingeprop om saam die kuikendans te doen. Die week sal altyd deur die kuikens onthou word. Al die VK-leiers was baie spesiaal en hulle het elkeen ‘n baie spesiale plek in elke ander kuiken se hart.

kuikenkop-kinders

Advertisements

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s