Nuwe hoofleiers – Nuwe drome


~Michelle Olivier

Kom leer ken ons nuwe hoofseun- en dogter: Elger Braasch en Emja Langeveldt en onderhoofseun en –dogter: Greyling Botha en Leoné van der Westhuizen.

  1. Wat maak jou trots om ‘n Arend te wees ? 

Elger: Dit maak my trots om te weet dat ons graag hoog vlieg en op pad is om nog hoër te vlieg.  Ek is trots om te weet dat daar mense in ons skool is wat tevrede is om Arende te wees en dit nog meer wil verbeter.

Emja: Die mense in ons skool – die nuwe skoolhoof, die leerders en onderwysers, ek is so opgewonde en trots om deel van so ‘n groep te wees.  En natuurlik ook ons nuwe astro !

Greyling: Die oomblik tydens die oorwinning van interskole en die skoollied wat daarna volg.

Leoné: Elke leerder.  Elke sportbyeenkoms.  Elke kultuuraand. Elke keer as ons die skoollied sing en elke keer as ek my skoolbaadjie aantrek.

 

  1. Wat het deur jou gedagtes gegaan toe hulle aangekondig het jy is een van die hoofleiers vir 2017?

Elger: My eerste gedagtes was om die opgewondenheid en skok nie te wys nie. Daarna het ek God gedank vir die wonderlike geleentheid wat ek gekry het.

Emja: Dit klink snaaks, maar nie veel nie.  Dit het so vinnig gebeur en ek was net baie oorweldig.

Greyling: Glimlag van oor-tot-oor, trotse oomblik, geëerd, maar ook senuweeagtig omdat ek groot skoene het om te vul.

Leoné: “Wag, wat?”. En toe ongelooflike blydskap en dankbaarheid dat God hierdie pad vir my gekies het.

 

  1. Wat is jou lewensmotto ?

Elger: “Live without regrets.”

Emja: ”Do your best and God will do the rest.”

Greyling: “If you don’t live for something, you will die for nothing.”

Leoné: “God’s got this.  God’s got you.”

 

  1. Wat gaan jy na matriek doen?

Elger: Ek beplan om dadelik te studeer.  Ek wil graag ingenieurswese studeer en besluit nog tussen meganies en megatronies.

Emja: As ek gekeur word, wil ek graag medies gaan studeer by Stellenbosch (Tygerberg).

Greyling: Ek gaan B.Rek by die Universiteit van Stellenbosch studeer en daarna my GR.

Leoné: Sover beplan ek om te gaan studeer en dan ‘n bietjie te reis en te verken.

 

  1. Waar sien jy jouself oor tien jaar ?

Elger: Ek sien myself getroud as my huidige verhouding sal hou, maar ek sien myself dat ek georganiseerd sal wees en weet wat ek vir die res van my lewe wil doen en nie meer sukkel nie.

Emja: In ‘n huis van my eie, ‘n man en my eie mediese-/dokterspraktyk. (Dalk al kinders?)

Greyling: As direkteur by ‘n internasionale ouditeursmaatskappy.

Leoné: Waar ookal God wil hê ek moet wees.  Dalk êrens as ‘n sakevrou, dalk êrens in ‘n arm land besig om na kindertjies uit te reik, dalk besig met my eerste boek of digbundel.

 

  1. Het jy enige stokperdjies,indien wel, vertel?

Elger: My stokperdjies is om met my hande te werk en dus is ek lief daarvoor om goed te bou en te ontwerp. Nog ‘n stokperdjie is om my kennis te vergroot en dus is ek mal daaroor om navorsing te doen.  ‘n Nuwe stokperdjie is om liedjies op die kitaar te leer.

Emja: Ek is mal oor lees – kry net te min tyd daarvoor. Ek teken so nou en dan en ek geniet dit vreeslik om op ‘n mooi aand langs die see te gaan draf.

Greyling: Ja, muurbal. En tennis is my tweede liefde. Vakansies hou ek daarvan om vis te vang.

Leoné: Skryf, skryf, skryf. Lees, lees, lees.

 

  1. Wie is jou gunsteling onderwyser en hoekom ?

Elger: Mnr T. Basson: hy het ‘n groot passie vir wat hy doen en hanteer ons asof ons sy kinders is. Hy gee baie om vir ons en help nie net in skoolwerk nie, maar ook in die lewe. Hy is iemand na wie ek kan opkyk omdat hy altyd die beste gee in wat hy doen.

Emja: Ek kan nie een uitsonder nie, want elke onderwyser het ‘n unieke persoonlikheid en jou verhouding met elkeen is anders.

Greyling: Juffrou Hannalie van der Merwe.  My eerste dag in graad 8 in haar voorligtingklas het sy haar groot hart openbaar en bly glo in my, daarom het ek baie respek vir haar.

Leoné: Juffrou van Wyk – sy is letterlik die snaaksste onderwyser wat ek ken, Engelse periodes en Toneel was nog nooit so lekker saam met haar nie.  Juffrou Badenhorst – sy is my ma by die skool.  Ons is ongelooflik “close”.  Mnr. de Necker – hy is een van die min onderwysers wat omgee oor die menswees van elke leerder en hy sal in elke situasie ten minste probeer verstaan, en as hy nie doen nie, sal hy luister.

 

  1. Indien jy een plek in die wêreld kon kies om heen te gaan, waarheen sou jy gaan en hoekom ?

Elger: Dubai is bekend vir sy argitektoniese wonders en ek wil baie graag dit besoek en bewonder.  Ek wil in die onderwaterhotel gaan bly en die hoogste gebou ter wêreld gaan uitklim.

Emja: Enige plek met baie mooi natuurskoon, want dit laat ‘n mens nader aan God se Skepping voel.

Greyling: Londen, vir sy wêreldbekende Ouditeursmaatskappye, wat groot geleenthede bied.

Leoné: New York.  Liggies, baie winkels, baie mense en nog liggies.

 

  1. Vertel iets wat niemand van jou weet nie?

Elger: My naam is gespel met ‘n “e” (Elger).  Ek het twee vreemde gewoontes aangeleer by my pa:  dat ek rys met melk eet en beskuit saam met koeldrank.  Ek is baie sosiaal as ek gemaklik met ‘n persoon is.

Emja: Ek gaan Mall toe om te gaan fliek of eet – ek hou nie van “shopping” nie, anders as die meeste meisies.

Greyling: Ek het vir twee weke help kerk bou in Transkei.  Ek eet wortelkoek, maar nie wortels nie en hou van tamatiesous, maar glad nie tamaties nie!

Leoné: Ek wil baie graag boeke en gedigte eendag skryf.  En ek is gewoonlik baie skaam om mense wat ek nie ken nie.

 

  1. Wat is jou gunsteling kos, -kleur en -fliek?

Elger: Kos: lasagne met kerriegroente en maalvleis. Kleur: babablou

Fliek: Now you see me 2 en Fast and Furious 6.

Emja: Kos: ‘n lekker bord gekookte kos of pizza.  Kleur: ‘n mooi pienk of blou.  Fliek: Semi-soet is een van my gunstelinge en daar is te veel goeie Engelse flieks om van te kies.

Greyling: Kos: Verseker pizza.  Kleur: blou.  Fliek: Fast & Furious.

Leoné: Kos: sushi. Kleur: groen. Fliek: Do You Believe ?

Advertisements

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s