Nuwe Arende sprei hulle vlerke hoog


~Michelle Olivier

Om by ‘n nuwe skool in te stap in graad 8, saam met ‘n klomp bekende maats van jou laerskool, is reeds uitdagend, maar om by ‘n nuwe graad in te stap, waar almal al klaar gevestig is behalwe jy, is aansienlik moeiliker. Ek het met twee matriekleerders, Estevan Gouws en Caroline Harmse,  gesels en uitgevind hoe hulle hulle eerste paar dae van ‘n nuwe skool in graad 12 beleef het.

  1. Wat is die naam van jou vorige skool en waar is dit geleë ?

Caroline: Helpmekaar Kollege, Johannesburg.

Estevan: Hoërskool Eldoraigne, Centurion.

  1. Waar kom jy vandaan ?

Caroline: Roodepoort, Gauteng.

Estevan: Rooihuiskraal, Centurion, langs die geskiedkundige slagveld.

  1. Watter aktiwiteit sal jy graag wil aanpak/instel by die nuwe skool ?

Caroline: Boogskiet vir alle grade.

Estevan: Ek sal graag aan die meeste van die sosiale byeenkomste deelneem omdat ek vir baie lank net weggebly het.

  1. Enigiets wat jy opgemerk het by Hoërskool Strand wat nie by die ander skool is nie (bv. Arendradio, skool se waardes ens?)

Caroline:  Die Arendradio en Matriekdag.

Estevan:  Ja en nee. Ja, ons het nie ‘n radiostasie gehad nie. Nee, Eldoraigne het meer gehad. Hulle het ‘n afdak oor die vierkant gehad. Die geboue was verder uitmekaar gewees en ons het baie meer bome gehad. Hulle het hul snoepie half in ‘n Matriekarea verander en hulle het name gehad vir elke blok, bv. die houtwerkklasse is genoem : H-se pad.

  1. Enige snaakse tradisie of gebeure wat by jou ou skool plaasgevind het wat nie by Hoërskool Strand is nie ?

Caroline: Ons het opgestaan vir enige leerder ouer as jy of onderwyser wat in die klas instap. Die matrieks het hulle eie stel trappe gehad wat net hulle mag gebruik.

Estevan: Nee, ek is heel bekend met die Arende se tradisies. Eldoraigne het net nie so baie gereeld dit uitgeoefen nie omdat hulle baie erg oor akademie is.

  1. Is jy opgewonde om deel van die Arendfamilie te wees, en hoekom ?

Caroline: Ja, om ‘n nuwe manier van skoolgaan te leer/ervaar.

Estevan: Ja, ek is eintlik heel uit my vel uit!  Om eerlik te wees, het ek verwag om net ‘n skaduwee te wees en vanaf die eerste dag is ek soos die verlore seun verwelkom. Dit het gevoel asof ek hierdie mense vir jare ken. Ek glo dat ek en my medematrieks geskiedenis gaan maak.

  1. Wat dink jy is die belangrikste ding waaraan ‘n hoër skool moet voldoen en dink jy Hoërskool Strand voldoen daaraan ?

Caroline: Hardwerkenheid. Ja, Hoërskool Strand se onderwysers werk hard saam met die leerders.

Estevan: Respek, ek voel almal is dieselfde. Daarom sal ek nooit oordeel nie. Die eerste dag toe ek hier ingestap het, het die mense my gegroet, my in die oë gekyk en gesê:”Welkom!”, nie omdat ek net in matriek is nie, maar omdat ek ‘n mede-Arend gaan wees.

  1. Is daar iets wat jy nou anders sal doen as by jou vorige skool ?

Caroline: Nee

Estevan: Ja, die onderwysers is baie vriendeliker en byt nie my kop af as ek ‘n klein foutjie maak nie. Ek moet sê, Eldoraigne se waardes teenoor godsdiens was baie sterk. Hulle het elke dag geopen en afgesluit, en het ook elke pouse ‘n “praise and worship”gehad.

  1. Waarna sien jy die meeste uit by die nuwe skool ?

Caroline: Om nuwe tegnieke by die onderwysers te leer.

Estevan:  Nuwe vriende. Nuwe liefde. Nuwe slaggate en gladde paaie.

  1. Wat was jou grootste vrees toe jy by die nuwe skool instap ?

Caroline: Om nuwe leerders te ontmoet en vriende te maak.

Estevan: Ek was bevrees dat ek nie sou inpas nie. Dat ek ‘n “alien” sou wees. Tog is daardie vrees oorkom.

  1. Ervaar jy al Hoërskool Strand se bekende Arendtrots ?

Caroline: Ja, ek doen.

Estevan: Ja, elke dag!   Ek het nog geen negatiewe kommentaar gehoor teenoor die skool nie.

  1. Enige snaakse insident by Hoërskool Streand sover wat jy graag met ons sal wil deel ?

Caroline: Nee, nog niks.

Estevan: Wel, die tweede skooldag het ek verjaar (12de Januarie), en een van die VLR-lede het my na die graad 8’s geneem sodat hulle vir my moes sing. Die was by verre my beste geskenk!

20170127_080930.jpg

20170126_122021

Advertisements

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s