Die Arende groet ‘n legende: ‘n Kort biografie oor “Die Noemade” van Höerskool Strand


~Marco Peek

Byna alle Arende ken hom as die interessante meneer onder in die gang, net voor die deur op pad hokkievelde toe. ‘n Eksentrieke meneer, maar tog ‘n individu wat diep in alle Arende se harte gekruip het. ‘n Persoon wat respek verdien het as ‘n betroubare onderwyser, graadhoof en vir sommige ‘n rolmodel, ‘n misterieuse persoon met ‘n passie vir dit wat hy doen.

Dié persoon is mnr. Louie de Necker, die drama-onderwyser van Höerskool Strand.

Die oorspronklike titel van hierdie berig sou iets wees soos:”Mnr De Necker: Nuwe Adjunkhoof van Dissipline,” maar dit is met ‘n swaar hart dat almal bewus is dat hierdie passievolle individu ongelukkig sy laaste les, in sy klas met die swart verhoog en die vele maskers, op die 28ste Februarie sal gee.

Mnr. De Necker en sy familie verhuis na Brisbane, Australië. Ek het die voorreg gehad om met hom ‘n kort gesprek oor sy lewe te hê, só sit terug, gryp ‘n bril, dalk ‘n bietjie “popcorn” en geniet die volgende vyftien minute van dié artikel.

Die heel eerste stelling wat meneer De Necker gesê het, was:”Ek is ‘n noemade en noemades trek agter mense en dinge aan.” Ek het toe gevoel dat dit baie beter sou wees om dié artikel “’n Kort biografie oor ‘die Noemade’ van Höerskool Strand,” te noem, want: ‘n Onderhoud met Mnr. de Necker,” klink te normaal. Dit klink mos baie meer spesiaal en dit is wat meneer De Necker vir ons was en steeds sal wees: Spesiaal.

 

Meneer Louie de Necker, is op die 12de Mei 1973 in Sishen se Mynhospitaal, gebore. Hy is die oudste van 6 kinders, vyf broers en een dogter. Ongelukkig is een van sy broers ”a.g.v. dwelms en simpel idiote in ‘n nagklub in Nelspruit,” oorlede. Op 4-jarige ouderdom het hulle na Pretoria verhuis. Ongelukkig het sy ouers geskei waarna hy op Pietersburg die helfte van graad 4 gedoen het. Hierna het hy na Voorwaarts Koshuis in Pietersburg gegaan. Hy sê dat hy spesifiek vir Juffrou Scott, sy swemjuffrou, onthou sowel as haar man wat, om aan te haal:”…ons klomp koshuisbrakke geslaan het oor ons skelm in die nagte gaan swem het.” Van daaraf is hy na Pretoria-Noord se “toe enigste goeie skool,” gestuur waar hy matriek geskryf het. Hierna is hy Weermag toe gestuur. Hy was in Oudtshoorn gebaseer en hy voeg by:” Ek het my Heiland sewe keer leer ken…maar ek was steeds nie fiks genoeg nie.” Hierna het hy by die Universiteit van Potchefstroom gaan onderwys studeer. Dit was hier waar hy sy vrou, Clara, ontmoet het. “Ons het beide daar studeer en is in ons derde jaar getroud – omdat ons wou, nie moes nie. Ek kan eerlik getuig dat sy my al smoorkwaad gemaak het en ek vir haar, maar sy is en bly my heel beste vriend wat ek al ooit gehad het. Ek sal enige avontuur saam met haar aanpak. Na ‘n kort oomblik van nostalgieë het hy gesê:” Soms kyk ek terug en wonder ek waarheen al daardie jare gevlieg het.”

Toe was dit tyd vir die groot vraag: Wanneer het hy besluit om voor ‘n kamer vol tieners te staan, met ‘n witbordpen in die hand en die kuns van drama aan ons bekend te stel?

“Ek het in graad 5 reeds geweet dat ek onderwys as ‘n loopbaan wil volg en het op ‘n dag op my bed ‘n baie duidelike roeping van die Here af ontvang. Ek het nie toe al geweet dat ek ‘n drama-onderwyser wou wees nie. Tale is my ander passie, maar dit is baie merkwerk so drama en verhoog sou dit wees.”

Hy het dadelik nadat hy klaar gestudeer het begin skoolhou op Prince Albert in die Klein Karoo, maar is al ‘n trotse lid van die Arend-familie sedert 2007, met die uitsondering van 2010 waar hy verder gaan studeer het.

Daar is aan mnr. De Necker gevra wat sy top 5 oomblikke by Hoërskool Strand was. “Ek het BAIE oomblikke wat vir my uitstaan, soos die Eiffeltoring, die Louvre, ensovoorts, maar as my legio oomblikke in circa 9 jaar tot 5 oombllikke gereduseer moet word, sal dit die volgende wees:

  • Die Groen Helium ballonne wat ons in 2012 van 03:00 af (in die nag) by HHH se pawiljoene staan en opblaas het.
  • Die ONGELOOFLIKE musical wat ons daardie jaar opgevoer het
  • Die aanbou van ‘n groter personeelkamer SONDER ‘n rokersholte! (Dit was soos ‘n nuwe lewe!)
  • Die Poetry in Motion produksie sowel as Mis in 2016
  • En nog vele meer!

Hy sê ook dat sy grootste passies (buiten die teater) lag, lekker kos, lekker kuier en om ander te inspireer en gelukkig te maak, is. Hy voeg ook by dat sy ouma die grootste impak op sy lewe gehad het.

Sy stokperdjies sluit in: musiek wat hy self komponeer, die skryf van gedigte en sy eie masseer-olie wat hy op homself sowel as sy vrou uittoets. Sy gunsteling sport is “beslis” (“drumroll”) swem.

Sy gunsteling films sluit in Le Vie Enrose oor die lewe van Edith Piaf, definitief Pay it Forward en natuurlik The Dead Poet’s Society. Sy gunsteling boek is Die Bybel.

Ek is die tipe mens wat voel dat die lewensmotto van elke individu beskryf hoe hy of sy is bv. my lewensmotto is: ”In your vision of the world, lies the image of yourself.”

 

“Daar is ‘n ongekende hoeveelheid goed binne elke mens. Dit is vir ons om die sleutel te ontdek waarmee ons elkeen se goedheid kan oopsluit.”

Op die volgende vraag ”Wat hou die toekoms vir meneer in?” het hy geantwoord:  “Ek kan eerlik nie vir jou sê nie. Ek bekommer my in elk geval nie oor die toekoms nie, want Noemades lei die kudde net vir vandag tot by vandag se kos.”

Sy finale raad aan ons, die leerders van Höerskool Strand is die volgende:  “Onthou: daar is geen reg of verkeerd nie! Net gevolge. Elke keuse het sy eie gevolge en soms kan ons nie bereken hoe groot die gevolg daarvan sal wees nie. Leef daarom mooi met die natuur. Liefdevol met mens en dier… en met BAIE genade vir jouself en nog meer vir ander.”

Mooi, nè? Dit sal nou ‘n goeie einde maak, maar in Höerskool Strand (en hier by Die Suidooster {nie die sepie nie}) glo ons in die prinsiep:”Go big or go home.” So hierdie is nie net ‘n artikel oor die lewe van een van die mees geliefde onderwysers nie, dit is ook ons manier om te wys hoe spesiaal hy vir talle leerders is en hoe hy hulle gehelp het. Daarom volg daar nou ‘n paar onderhoude wat met verskeie Arende gevoer is sodat jy (die leser) presies kan sien wat hierdie noemade vir ons beteken het.

  1. Wat het meneer De Necker alles vir jou beteken?
  • Hy was ‘n mentor by die toneel en in die klas en hy as mens het ‘n groot indruk op my gemaak a.g.v. sy respek en passie vir dit wat hy doen.
  • Hy was ‘n “awesome” persoon op wie jy kon staatmaak en hy het jou altyd laat voel asof jy die ekstra myl gegaan het.
  • Meneer het vir my gewys hoe om almal met respek te behandel.
  • Meneer de Necker was na my mening die grootste invloed op die skool se kultuur en die een wat dit so aangenaam gemaak het. Kyk na al die moeite wat hy in tonele ingesit het en al die klein produksies in sy klas met die swart verhoog. En ek bedoel daardie swart verhoog het hyself gebou, in sy eie klas, op ‘n naweek! Daardie is toegewydheid aan die kunste.
  • Hy het soveel geleenthede vir kultuur aangebied en my ondersteun. Hy is altyd verskriklik hulpvaardig en gee regtig baie om oor die leerders vir wie hy klas gee. So hy het dus BAIE vir my beteken.
  1. Hoe het meneer De Necker jou lewe beïnvloed?
  • Hy het my karakter help ontwikkel en my gemotiveer om altyd te glimlag.
  • Hy het my gehelp met drama omdat hy altyd oortyd ingesit het en altyd ekstra moeite gedoen het maak nie saak wat nie.
  • Hy was altyd bemoedigend wanneer daar opgevoer word; sy raad is nooit as kritiek beskou nie.
  • Hy het nogals die drama persoon in my uitgebring, want hy het die dramaklas pret gemaak en ek het die werk verstaan. Hy het ook vir my baie gehelp met my asemhalingstegnieke.
  • Hy sou altyd, met ‘n glimlag, vir my in sy klas pouses laat oefen. As ek sy hulp benodig het of ek moes hom iets vra, sou hy altyd tyd kry en my nooit wegdraai nie.
  1. Wat sal jy altyd van meneer De Necker onthou?
  • Die beste meneer in die skool! Die manier hoe hy klas gegee het en met ons as kinders gewerk het. Sy sin vir humor, al die asemhalings- oefeninge asook sy klas wat altyd lekker geruik het.
  • Sy liefde en toewyding aan sy vak,skool en die mense om hom.
  • Ek sal altyd sy vriendelikheid en unieke stem onthou.
  • Ek sal onthou dat hy die lekkerste klas was om na te gaan in graad 8 en 9, en beslis al die tye wat hy vir ons aangemoedig het om die beste te wees wat ons kan en altyd ons beste probeer doen in alles wat ons aanpak. Ek sal ook nooit meneer se “Mango Mango” kreet van laasjaar (2016) se Interskole vergeet nie.
  • Sy presiesheid. Ek hou ook baie van presies wees so daar is een van my gunsteling eienskappe van mnr. De Necker.
  1. Iets wat jy vir hom wil sê?
  • Dankie, Meneer vir die twee jare wat ons saam kon spandeer. Dankie dat Meneer iemand was waarna ons almal kon opkyk. Dankie dat Meneer nie net ‘n onderwyser was nie, maar ook ‘n vriend.
  • Dankie Meneer vir die fantastiese jare saam en dankie dat Meneer dit spesiaal vir my gemaak het.
  • Dankie vir die baie jare se werk wat meneer vir Höerskool Strand en sy kultuur gegee het. Dankie dat Meneer goeie mense van ons gemaak het en ons almal weet dat Australië net so suksesvol soos Suid-Afrika sal wees.
  • Ek hoop dat hy elke liewe oomblik van sy lewe verder geniet en dat hy net so ‘n groot inspirasie vir die Ausies sal wees as wat hy vir ons was en altyd sal wees (en dat hy ook nie vir hulle sal skree of sy aksent verloor nie).
  • Ek wens vir hom voorspoed toe vir ewig en altyd. En dat hy in sy hart sal weet dat hy nóóit vergeet sal word by Höerskool Strand nie.
  1. Wat dink jy sou die beste bynaam vir meneer De Necker wees?

Die Legend

 

Na byna ‘n dekade by die skool het hy homself totaal en al bewys as ‘n persoon wat in almal se harte in gekruip het.

So dit maak nie saak of hy tien meter of tienduisend kilometer weg is nie. ‘n Arend bly ‘n Arend, ‘n Noemad bly ‘n Noemad.

Advertisements

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s