Matrieks swaai die septer


~Anja Beyers

Vanjaar se matrieks laat ander ou-matrieks skaamkry en stel byna onbereikbare standaarde vir die jonger jaargroepe. Die algemene gevoel vir hierdie groep oor hoe dit is om in matriek te wees, is dat dit baie verantwoordelikhede behels, die werk is meer as ooit, maar dit is sover ‘n ongelooflike jaar. “Dit is lekker om uiteindelik die main konyne te wees,” het een matriekdogter gesê.

Van die hoogtepunte van 2017 se matrieks is die matriekdag, wat in Januarie plaasgevind het. Juffrou van Wyk se Engels periodes, die eer om ‘n matriek VRL-lid te wees en toe die pawiljoenspan by die somer- interskole die kreet afgelê het, is van die hoogtepunte.

Die top drie dinge wat die matrieks van 2017 van Hoërskool Strand gaan mis, is die gawe en passievolle onderwysers, hulle vriende en die gevoel van eenheid wat Arende skep. Die top drie gebeurtenisse onder van die matrieks sover is die kaskarre of geesfees, “funky week” en die somer-interskole.

Hulle beweer dat hulle ‘n besondere, spesiale matriekgroep is, deurdat hulle die mees betrokke matriekgroep nog is en dat daar ‘n spesiale band en sterk kommunikasie tussen mekaar is. Hulle beskryf hulself as die groep met hart, visie en baie gees.

Die matrieks is ondervra oor hul opinie oor Hoërskool Strand se nuwe skoolhoof – mnr. Danie Malan. Mnr. Malan word beskryf as ‘n vriendelike skoolhoof wat buitengewone moeite doen om die leerders te leer ken en om almal te help waar hy kan. Die leerders het geweldige respek vir mnr. Malan en sê dat hulle kan sien dat hy omgee oor Hoërskool Strand. Die matrieks vind aanklank by sy sin vir humor en een matrikulant het selfs gesê dat mnr. Malan ‘n goeie komediant kan wees. “Hy is ons beste skoolhoof sover en gaan hierdie méér as net goed doen,” het ‘n trotse Arend gesê.

Die eksamens kom nader en die matrieks moet begin beplan hoe hulle dit gaan aanpak. Die meeste beplan om dit aan te pak deur vroegtydig voor te berei en om geweldig hard te leer. Party is egter nie so vol moed nie en is maar skrikkerig.

“Ek hoop ek sterf voor ek daardie besluit moet maak,” sê ‘n baie angstige matriekleerder.

Sommige matrieks voorspel 2017 as ‘n jaar met baie min slaap en oorgenoeg koffie. Met baie onsekerheid en angs hoop 99% van die matrieks wat gevra is, dat hulle in 2018 gaan studeer terwyl die ander 1% dit rustig wil vat en vir eers ‘n werk wil kry. ‘n Breë verskeidenheid kursusse word deur die matrieks oorweeg; van elektriese ingenieurswese tot onderwys en die rehabilitasie van wildediere.

Die matrieks is gevra om hulle kommentaar te gee oor die volgende stelling: matrieks en finansies. Die algemene kommentaar is soos volg: “Dit werk nie.”

‘n Brokkie raad wat die matrieks graag aan die jonger grade wil oordra, is om betrokke by die skool te wees, om hard te werk, dit te geniet en om met Arendtrots te volhard en oorwin.

Wat die matrieks van hierdie jaar in Hoërskool Strand wil agterlaat, is ‘n goeie gees en deelname, eenheid en hopelik ‘n 100% slaagsyfer.

“Wat Hoërskool Strand in die matrieks van hierdie jaar se lewens agterlaat, is waardes, deursettingsvermoë en dankbaarheid,” sê een leerder.

‘n Paar matrieks is gevra oor interskole 2017. Die meerderheid beweer dat dit die beste en die lekkerste interskole nog was en dat Hoërskool Strand onbeskryflike gees gehad het en ‘n sterk beeld van goeie sportmanskap daardie dag uitgestraal het. “Woorde sal dit nooit ten volle kan beskryf nie,” het die onderhoofdirigent, Danelle van der Westhuizen, gesê. Daar is geen twyfel by die matriekgroep van 2017 dat Hoërskool Strand díe skool vir hulle is nie.

Advertisements

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s