Toutrek 101: Aangrypende deursettingsvermoë en vet pret


~Janine Scheepers

“Ek kan nie sport doen nie.” sê amper elke kultuurkind.  Wel, die week het ek as redaksielid die spontane uitdaging aangepak om aan toutrek deel te neem. “Hoe intens kan dit nou eintlik wees?”

As beginner, skop ‘n mens af met ‘n 2 km se drafroete om op te warm, en ja…twee kilometer om op te warm. Natuurlik is dit makliker gesê as gedaan, want teen die einde van die poging om ten minste redelik by te hou met die ander toutrekkers, het dit nie heeltemal volgens my siening verloop nie en die draffie het begin om omtrent by 1.5 km na ‘n stapspoed te gaan. Miltsteek het teen die tyd aan my sy ‘n verskyning gemaak as ondersteuner, maar agterste os kom ten minste ook weer by die toutrekgronde uit.

Die eintlike opwarming bestaan uit lunges doen oor die breedte van die veld, 50 squats, crunches en nog ‘n fiksheidsuitdaging is om ‘n persoon te kry met min of meer dieselfde liggaamsbou as jy het en die persoon op jou rug te dra oor die breedte van die veld.  Daarna dra die persoon jou weer terug waar julle begin het.  Na die opwarming het die lekker deel uiteindelik begin: die fisiese toutrekdeel.

‘n Mens besef nie hoe baie tegniek daarin gaan om as ‘n span iets te doen wat eintlik heel eenvoudig klink, tot ‘n  mens dit self doen nie. Jou hande moet ‘n vuisspasie uitmekaar uit wees as ‘n  mens die tou vashou en die tou moet altyd heuphoogte wees. Ek het ook gou geleer dat ‘n  mens nie regtig jou hande gebruik nie, wat eintlik baie ironies is omdat die sport se naam toutrek is? Die geheim lê in die manier wat jy jou bene gebruik terwyl jou hande ‘n ferm hou-vas het op die tou. Ek het dié vinnige lessie gekry oor hoe mens dit die regte manier doen met behulp van mnr. Adriaan Odendal en medespanlede op verskillende stadiums van die oefening en dit was inspirerend om te sien hoe almal saamwerk om die tydelike toutrekkertjie te help.

Op ‘n ernstiger noot, haal ek regtig my hoed vir die mense wat deelneem aan toutrek af. Die sportsoort vat ongelooflik baie selfdissipline, deursettingsvermoë en fokus en ek voel dit is waardes wat uitstekend aansluit by ons skool s’n. Ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat party skole se rugbyseuns saam met die toutrekspanne hulle fiksheidsoefeninge doen met uitstekende resultate…dalk kan Hoërskool Strand se rugbyseuns ook so ‘n reëling in die toekoms tref?

Toutrek is Maandae en Woensdae van 17:30 -19:00. Sal jý die moed hê om dié sportsoort uit te probeer?

Advertisements

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s