Wing’d en reg om te vlieg


~McKenzie Knipe

Drie op kitare, twee op klawerbord, ‘n tromspeler en drie meisies agter mikrofone … dit is Wing’d, die Hoërskool Strand se band.

In November 2016 is Wing’d deur me. Eileen Lambrechts en Marius en Madelein Wolfaart, wat in 2016 deel van FUEL was, gestig. Hulle het ‘n visie gehad om ‘n band vir Hoërskool Strand te begin.  En daar, in November 2016 is Wing’d, ‘waar Arende hoog vlieg’, gebore.  Wing’d se slagspreuk is: “Die lewe is ‘n lied, hou noot!”.

Deur Wing’d leef juffrou Lambrechts haar liefde vir musiek uit. Sy het op skool musiek geneem en musiek is een van haar passies. Sy is mal daaroor om met leerders te werk wat haar passies deel. Sy word tans bygestaan deur Johan Botes en Engela de Villiers. Wing’d is baie dankbaar teenoor Johan Botes van die NG Kerk Gordonsbaai wat met klanktoerusting en afrigting help.

Die trotse lede van Wing’d is Elger Braasch en Carla Bekker op elektriese kitaar, Mieke van der Merwe op baskitaar, Zoé-Lee van der Merwe en McKenzie Knipe op klawerbord, Marius Maré op dromme en Kelly Joubert, Tali Momberg en Marli Botha as sangers.

Wing’d wil Arend-trots na buite uitdra.  Hulle wil leerders inspireer en wys dat gees in ‘n skool belangrik is. Musiek bring mense bymekaar en hierdie groep talentvolle jongmense gaan die pas, oftewel die ‘gees’ aangee. Wing’d wil ook Arend-trots na buite uitdra deur aan kompetisies deel te neem.

wingd

Advertisements

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s