Valentynsbal 2017 – ‘n Reuse Sukses


Wit en swart, ligte en musiek en opgewonde Hoërskool Strand-leerders, dui op niks anders as die jaarlikse Valentynsbal wat op 14 Februarie 2017 gehou is.

‘n Onherkenbare skoolsaal het elkeen gegroet met dekor wat uit die boonste gehalte was. Wit en swart draperings het al die mure van die skoolsaal bedek wat dit skoon soos ‘n nuwe onthaal laat voel het. Die tema, 007 ( Ja, soos die James Bond films ) was effektief uitgebeeld. In die voorportaal kon elke paartjie, sowel as die leerders wat nie as ‘n paartjie gekom het nie, ‘n glansryke oomblik op die rooitapyt ervaar het soos hulle die saal binnegaan. ‘n Kreatiewe en elegante fotohoekie het ‘n groot versameling van vasgevangde oomblikke geskep.

Buiten die dekor en rooi tapyt was die paartjies die hoogtepunt. Die kleredrag en elegante style was naas aan die van Hollywood-sterre. Goed geoefende dansklasse, wat die dag voor die Valentynsbal by die skool deur ‘n professsionele danser aangebied is, het suksesvol op die oop dansvloer vertoon. ‘n Valentynsbal “King en Queen” is ook aangewys, nl. Pieter Welgemoed en Tania Nieman ( albei Graad 11-leerders ).

Die bederf van die aand was toe meneer Malan, die skoolhoof, die leerders op die dansbaan aansluit en saam op die meer gemoderniseerde musiek vreemde passies gedans het.

Wit en swart, ligte en musiek en opgewonde Hoërskool Strand-leerders getuig dat die Valentynsbal ‘n reuse sukses was.

whatsapp-image-2017-02-16-at-10-23-03whatsapp-image-2017-03-02-at-18-49-21

Advertisements

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s