Arende vlieg hoog in Mosselbaai


~Nicky-Louise Byrne

Gedurende die Maart- Aprilvakansie het tien van Hoërskool Strand se netbalspelers aan die Arrthur Johnson toernooi in Mosselbaai deelgeneem.

Die toer het vanaf Vrydag 31 Maart tot Woensdag 5 April geduur. Die netbalspelers is vergesel deur Juffrou Mariaan Olivier en die eerstespanafrigter, Ezelda Badenhorst. Die skoolbussie het om 10:30 vanaf Hoërskool Strand vertrek en het rondom 16:00 arriveer by Hoërskool Punt in Mosselbaai waar die span geregistreer het, gearriveer.

Daarna het die groep na hul blyplek in Santos Ekspres Trein, wat tot almal se verbasing reg langs die see geleë was, vertrek.

Die skedule vir die toer het soos volg gewerk: Vrydagaand het die spelers die geleentheid gekry om vir ‘n openingseremonie op Hoërskool Punt se A rugbyveld bymekaar te kom. Saterdagoggend het die eerste wedstryde begin waar Hoërskool Strand teen Vryburg B, Kirkwood en DF Malan gespeel het. Hoërskool Strand het al drie hierdie skole gewen.

Direk na die laaste wedstryd het die dogters hulleself gaan verfris en aandete geëet. Daarna het die span na Hoërskool Punt vertrek om die Mejuffrou en Meneer Sportweek te kyk.

Anja Linde is as deelnemer ingeskryf om Hoërskool Strand te verteenwoordig.

Sondagoggend het die meisies kerk in die skoolsaal bygewoon en is die middag na Diaz Strand se Waterpark toe vir spanbou.

Maandag was die dogters weer volstoom op die netbalbaan en het teen Montagu, Schoonspruit en Curro Langebaan gespeel.

Dinsdag het Hoërskool Strand teen Ben Viljoen, Laborie en Hangklip gespeel.  Woensdag het Hoërskool Strand teen Vryburg A hul laaste wedstryd gespeel.

Bianca van Deventer is gedurende hierdie toer as een van die beste spelers van die toernooi aangewys. Kayla Chatburn is gekies om gedurende die September- vakansie in Skotland te gaan netbal speel.

Namens die meisies wil die Suidooster ook hul dank uitspreek aan Juffrou Olivier vir al haar rondryery en organisering gedurende die toer, maar hul wil ook aan Coach opreg dankie sê. Dit is nie die spelers wat die span maak nie, maar die afrigter.

Advertisements

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s