UCT Wiskunde Olimpiade


~Marco Peek

Wiskunde, ‘n agt-letter woord wat met verveligheid, moeilike tye en hartseer oor die algemeen gepaard gaan. Dié monster van ‘n vak gee al tieners slapelose nagte vanaf die tye toe “IT” die Engels vir “dit” was.

Of so sou jy dink.

Jy sien elke jaar op die 20ste April ry so 75 Hoërskool Strand-leerders per bus (en ‘n minibus) na die Universiteit van Kaapstad om deel te neem aan die UCT-Olimpiade. Ek weet wat jy, die leser, dink: ”Wat ‘n verrassende naam!”

Om gekies te word vir hierdie span, moet ‘n leerder ten minste 50% vir die Harmony Wiskunde Olimpiade (wat vroeër in die jaar geskryf is) behaal. Daar is 5 individue in elke graad en 5 groepe van twee wat hierdie Olimpiade skryf. Hierdie jaar was ook die 40ste jaar van dié kompetisie (dit is in 1977 begin) en daar is jaarliks so ongeveer 7000 leerders van graad 8 tot matriek wat aan hierdie uitsonderlike geleentheid deelneem.

Hier stap hulle rond (In groepies natuurlik) met ‘n registrasievorm in die hand en ‘n gesigsuitdrukking iets meer in die lyn van: ”Ek weet glad nie waar ek nou moet wees of wat aangaan nie!” Aangesien die lokale oor die hele kampus versprei is, is dit redelik maklik om te verdwaal. Jy soek vir die Fisika-gebou, maar wanneer jy opkyk, is jy in Muizenberg.

Indien jy gelukkig is (of Geografie neem) vind jy jou lokaal en maak jy gereed om ‘n 30 vraag vraestel te beantwoord. Die eerste paar vrae gee jou vals hoop, die volgende maak jou senuweeagtig, die volgende paar breek jou siel en die laaste tien vat so ongeveer 25 minute om te begin doen: 20 om oor die skok te kom en die volgende vyf om jouself te motiveer om weer te lees.

So, skryf in vir die Harmony Wiskunde Olimpiade, kry 50% en dan kan jy dalk volgende jaar hierdie opwindende (en half traumatiese) geleentheid bywoon.

Advertisements

Jou kommentaar...

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s