UCT Wiskunde Olimpiade

~Marco Peek

Wiskunde, ‘n agt-letter woord wat met verveligheid, moeilike tye en hartseer oor die algemeen gepaard gaan. Dié monster van ‘n vak gee al tieners slapelose nagte vanaf die tye toe “IT” die Engels vir “dit” was.

Of so sou jy dink.

Jy sien elke jaar op die 20ste April ry so 75 Hoërskool Strand-leerders per bus (en ‘n minibus) na die Universiteit van Kaapstad om deel te neem aan die UCT-Olimpiade. Ek weet wat jy, die leser, dink: ”Wat ‘n verrassende naam!”

Om gekies te word vir hierdie span, moet ‘n leerder ten minste 50% vir die Harmony Wiskunde Olimpiade (wat vroeër in die jaar geskryf is) behaal. Daar is 5 individue in elke graad en 5 groepe van twee wat hierdie Olimpiade skryf. Hierdie jaar was ook die 40ste jaar van dié kompetisie (dit is in 1977 begin) en daar is jaarliks so ongeveer 7000 leerders van graad 8 tot matriek wat aan hierdie uitsonderlike geleentheid deelneem.

Hier stap hulle rond (In groepies natuurlik) met ‘n registrasievorm in die hand en ‘n gesigsuitdrukking iets meer in die lyn van: ”Ek weet glad nie waar ek nou moet wees of wat aangaan nie!” Aangesien die lokale oor die hele kampus versprei is, is dit redelik maklik om te verdwaal. Jy soek vir die Fisika-gebou, maar wanneer jy opkyk, is jy in Muizenberg.

Indien jy gelukkig is (of Geografie neem) vind jy jou lokaal en maak jy gereed om ‘n 30 vraag vraestel te beantwoord. Die eerste paar vrae gee jou vals hoop, die volgende maak jou senuweeagtig, die volgende paar breek jou siel en die laaste tien vat so ongeveer 25 minute om te begin doen: 20 om oor die skok te kom en die volgende vyf om jouself te motiveer om weer te lees.

So, skryf in vir die Harmony Wiskunde Olimpiade, kry 50% en dan kan jy dalk volgende jaar hierdie opwindende (en half traumatiese) geleentheid bywoon.

“Die empty”

~Francious Pheiffer

Op Vryheidsdag, 27 April 2017, het Eendrag Manskoshuis in Stellenbosch ‘n Leierskap Ontwikkelingsfunksie aangebied en ek en ‘n medeleerder, Nicky-Louise Byrne het die geleentheid gekry om Hoërskool Strand te verteenwoordig.

Die geleentheid is professioneel aangebied en elke individue is welkom geheet deur elke tweedejaars-komiteelid wat hierdie geleentheid aangebied het. Ben Moolman, die Primarius van Eendrag Manskoshuis, het na die verwelkoming die rol van leier duidelik uiteengesit op ‘n eenvoudige, maar wel doeltreffende, wyse. Tydens sy toespraak het het hy aangehaal dat leierskap nie ‘n titel is nie, maar dat dit ‘n posisie is. “Dit is ook belangrik om te besef dat leiers op ‘n tyd volgelinge was”, het hy ook genoem. Die mees treffende deel van sy toespraak was ‘n sakeleier se motiveringsvideo oor leierskap. “The cementary is the richest place on earth” was die inleiding van hierdie video. Eers kon ek nie verstaan wat die sakeleier bedoel het nie, maar verder in die toespraak het die dieper betekenis aan die lig gekom. Die rede hoekom die sakeleier gesê het dat die begraafplaas die rykste plek op aarde is, is bloot omdat mense nie hulle volle potensiaal bereik het nie en nie al hulle talente en idees gebruik het om hulself sowel as ander rondom hulle te ontwikkel nie. Sodoende sterf hierdie onuitgesproke idees en talente saam met die individu en word in die begraafplaas tot niet verklaar. Die slotsom van hierdie video is eenvoudig: “Live your life to the fullest and die empty.”

Na Ben Moolman se toespraak het Chris van der Meulen, entrepreneur en ontwerper van die List Application, ons toegespreek. Hy het sy wysheid en ervaring met entoesiasme oorgedra. Hy het in 2017 die geleentheid gehad om na die Graduate School of Bussiness in Stanford te besoek en opleiding daar te ontvang. Sy verhaal oor hoe hy daar gekom het, is motiverend vir enige jong entrepreneur met ‘n lewensvatbare besigheidsidee, soos Chris se idee oor die toepassing wat hy ontwerp het. Die belangrikheid van hulpbronne en wie jy ken, is beklemtoon. Die toespraak is afgesluit met die aanhaling: “People are not competitors, they are future collaborators.”

Yeki Mosomathane, Direkteur van Multiculturalism by die Universiteit van Stellenbosch, het uitgebrei oor diversiteit en “multiculturalism” in skole sowel as op univerisiteit. Elke individue kon in groepsgesprekke eerstehandse ervaring deel en die onderwerp deur middel van kommunikasie onder die knie kry. Die laaste deel van die dag is aangebied deur die tweedejaars-komitee oor nege probleme wat Suid-Afrika in die oë staar. Hierdie problem is krities in groepsverband ontleed en moontlike oplossings is ontwikkel.

Die dag kan in een sin opgesom word: “Live your life to the fullest and die empty.”

eendrag

Strand learners ready to tackle English Olympiad

De Beers is the yearly English Olympiad that learners of High School Strand can enter.  2016 was the first year that learners had the privilege to write it after many years. What makes De Beers different from other Olympiads, is the fact that learners who wish to write the three hour Olympiad have to attend extra classes after school.

Roughly 8000 entries are received each year. The competition is organised jointly by the Grahamstown Foundation and the South African Council for English Education – SACEE. The aim of this Olympiad is to enrich the study of English and to encourage critical thinking and creative writing.

This year De Beers will be written on 7 March 2017 throughout South Africa. It is open to all learners in grades 10, 11 and 12.

The theme of the Olympiad will be “Then and Now”. The Anthology is entitled Staying Alive. The paper consists of three sections:

Section A: Discursive

Section B: Transactional/ Creative

Section C: Language

The learners also get an additional study guide with the Anthology.

But hard word must be rewarded and the learners who excel in this Olympiad are rewarded with extraordinary prizes. The top three learners will receive substantial cash prizes ranging from R33 000 to R27 000.

The top twenty learners are invited to attend The National Schools’ Festival in Grahamstown in July free of charge. Learners who are ranked between 4th and 20th positions will also receive cash prizes, and or books, or book vouchers.

The top 50 learners will be offered free tuition scholarships for their first year at Rhodes University for any course of study immediately upon successful completion of their Matriculation examination, subject to their meeting the University’s entry requirements.

We wish all the learners who are participating in the De Beers English Olympiad this year the best of luck and may many others write it in future.

 

Hoe om water te spaar

~Lindi Joubert

Daar is tans ‘n groot krisis in die Wes-Kaap… ‘n watertekort! Die meeste mense weet dit en bespaar water, maar ook baie van die mense gee glad nie om daaroor nie. Daar is net 103 dae oor van water en ek glo baie mense besef dit nog nie. Vanaf Maandag het damvlakke tot 30% gedaal, wat 1,5 persentasiepunte laer is as ‘n week gelede. Met die laaste 10% van die water in ‘n dam,wat meestal nie bruikbaar is nie, is damvlakke ongeveer op 20%.

Hier is 8 maklike maniere om water te bespaar:

  • Stort met ‘n emmer in die stort. Dit kan help om jou plante water te gee.
  • Maak die kraan toe as jy jou tande borsel.
  • Maak die kraan toe as jy jou hande was.
  • Moenie die skottelgoedwasser aanskakel totdat dit vol is nie.
  • Was jou troeteldier op die gras. Op dié manier kan die gras ook water kry soos jy jou hond afspoel.
  • Moenie so baie stort op een dag nie. Dit is nie nodig om 2 of 3 keer te stort op ‘n dag nie.
  • Probeer om in 5 – 7 minute te stort.
  • Hergebruik grys water.

60 WISKUNDE BOFFINS PRESTEER HARMONIEUS

~Gizela Rencken

Woensdag, 15 Maart, het 110 leerders aan die Harmony Wiskunde Olimpiade deelgeneem en fantasties presteer met ‘n total van 60 leerders wat deurgegaan het na die volgende rondte.

Na ‘n moeilike dag in die Wiskunde-klasse, het die leerders tog saamgestem dat hul die kompetisie baie geniet het.  Elke leerder se toets het uit 100 punte getel.  Daar was 20 vrae om te beantwoord.  Na die uur van toets skryf, was almal voos gedink en daar was boonop ook hope tuiswerk wat gewag het.

Dalk sien jy ook kans om volgende jaar aan die Harmony Wiskunde Olimpiade deel te neem.

Valentynsbal 2017 – ‘n Reuse Sukses

Wit en swart, ligte en musiek en opgewonde Hoërskool Strand-leerders, dui op niks anders as die jaarlikse Valentynsbal wat op 14 Februarie 2017 gehou is.

‘n Onherkenbare skoolsaal het elkeen gegroet met dekor wat uit die boonste gehalte was. Wit en swart draperings het al die mure van die skoolsaal bedek wat dit skoon soos ‘n nuwe onthaal laat voel het. Die tema, 007 ( Ja, soos die James Bond films ) was effektief uitgebeeld. In die voorportaal kon elke paartjie, sowel as die leerders wat nie as ‘n paartjie gekom het nie, ‘n glansryke oomblik op die rooitapyt ervaar het soos hulle die saal binnegaan. ‘n Kreatiewe en elegante fotohoekie het ‘n groot versameling van vasgevangde oomblikke geskep.

Buiten die dekor en rooi tapyt was die paartjies die hoogtepunt. Die kleredrag en elegante style was naas aan die van Hollywood-sterre. Goed geoefende dansklasse, wat die dag voor die Valentynsbal by die skool deur ‘n professsionele danser aangebied is, het suksesvol op die oop dansvloer vertoon. ‘n Valentynsbal “King en Queen” is ook aangewys, nl. Pieter Welgemoed en Tania Nieman ( albei Graad 11-leerders ).

Die bederf van die aand was toe meneer Malan, die skoolhoof, die leerders op die dansbaan aansluit en saam op die meer gemoderniseerde musiek vreemde passies gedans het.

Wit en swart, ligte en musiek en opgewonde Hoërskool Strand-leerders getuig dat die Valentynsbal ‘n reuse sukses was.

whatsapp-image-2017-02-16-at-10-23-03whatsapp-image-2017-03-02-at-18-49-21

Maynardville 2017: Strand High and Shakespeare

~Marco Peek

Ah, Shakespeare: an eleven letter word that strikes fear and misery into the hearts of countless students across the globe. His name is synonymous with tragic endings, suicide and out-dated English that no-one really understands anymore.

Every year a handful of Strand High’s learners get to travel to a magical place called: Maynardville. For those who are not familiar with the name “Maynardville” I will give a short definition: Maynardville is a place of mystery, a destination where common folk, like you or me, get to bear witness to the works of a true literary genius, a man whose plays have stood the test of time. In layman’s terms it is an amphitheatre where you get to see Shakespearian plays in the tongue that the Bard himself intended.

This year I had the great opportunity to “tag along” as we were whisked away into a world of “’tis” and “o’er”.

The play was Shakespeare’s “Twelfth Night” and, rather absurdly, this play did not involve tragedy or suicide. It is classified as a comedy and I do think that it lives up to the demands of this category.

The play is centred around a love triangle (in reality if we factor all the relationships in, it could be a love decagon or some other shape that only a Mathematician with seventeen PhDs and a pair of slim glasses could identify) and, with all Shakespearian comedies, there is a huge mix-up that can only be solved by five acts, a few fights and a many references to things best left “untyped”.

In essence the play is about Viola, a young ship-wrecked maiden who, in an attempt to save the play from turning into a tragedy, disguises herself as a young man called Cesario. She goes to work for Duke Orsino, the Duke of Illyria, whom she falls madly in love with. However, as with every other Shakespearian play, Duke Orsino is madly in love with Olivia, a wealthy countess whose brother and father recently died. In an attempt to woo her Orsino sends Cesario (Viola) to confess his love (He couldn’t have made the time to do it himself?). Now, because Shakespeare liked to make things very difficult for the main characters, Olivia falls madly in love with Cesario (whom is actually a woman).

Shakespeare’s recipe for disaster was simple: a sprinkle of confusion, teaspoon of delay and a drawer of innuendos. So Viola’s supposedly dead twin brother, Sebastian, also arrives and to make matters worse he looks exactly like Cesario.

The rest of the play consists of numerous other characters, including Sir Toby Belch (Olivia’s uncle and a drunk), Sir Andrew Aguecheek (a rich man who is brought by Sir Toby to potentially be Olivia’s suitor), Malvolio (A steward who is convinced that Olivia is in love with him after Sir Toby, Fabian, Sir Andrew and Maria play a prank on him), Maria (Olivia’s gentlewoman and love interest of Sir Toby), Fabian (Toby’s friend) and finally Feste: the fool of the household.

After asking many of the other students the question, “Did you enjoy Maynardville?” I was given a simple reply,” Yes, I loved it.”

Hereby we can conclusively state that Maynardville was a success but the favourite character is a mystery with many voting for Sir Toby, Malvolio, Sir Andrew or Feste.

I strongly encourage all children whom can go to go to what can only be described as a truly memorable experience.

Finally, as the Bard would say,” Adieu, Adieu, Adieu,” or in English,” Goodbye.”