Arende vlieg hoog in Mosselbaai

~Nicky-Louise Byrne

Gedurende die Maart- Aprilvakansie het tien van Hoërskool Strand se netbalspelers aan die Arrthur Johnson toernooi in Mosselbaai deelgeneem.

Die toer het vanaf Vrydag 31 Maart tot Woensdag 5 April geduur. Die netbalspelers is vergesel deur Juffrou Mariaan Olivier en die eerstespanafrigter, Ezelda Badenhorst. Die skoolbussie het om 10:30 vanaf Hoërskool Strand vertrek en het rondom 16:00 arriveer by Hoërskool Punt in Mosselbaai waar die span geregistreer het, gearriveer.

Daarna het die groep na hul blyplek in Santos Ekspres Trein, wat tot almal se verbasing reg langs die see geleë was, vertrek.

Die skedule vir die toer het soos volg gewerk: Vrydagaand het die spelers die geleentheid gekry om vir ‘n openingseremonie op Hoërskool Punt se A rugbyveld bymekaar te kom. Saterdagoggend het die eerste wedstryde begin waar Hoërskool Strand teen Vryburg B, Kirkwood en DF Malan gespeel het. Hoërskool Strand het al drie hierdie skole gewen.

Direk na die laaste wedstryd het die dogters hulleself gaan verfris en aandete geëet. Daarna het die span na Hoërskool Punt vertrek om die Mejuffrou en Meneer Sportweek te kyk.

Anja Linde is as deelnemer ingeskryf om Hoërskool Strand te verteenwoordig.

Sondagoggend het die meisies kerk in die skoolsaal bygewoon en is die middag na Diaz Strand se Waterpark toe vir spanbou.

Maandag was die dogters weer volstoom op die netbalbaan en het teen Montagu, Schoonspruit en Curro Langebaan gespeel.

Dinsdag het Hoërskool Strand teen Ben Viljoen, Laborie en Hangklip gespeel.  Woensdag het Hoërskool Strand teen Vryburg A hul laaste wedstryd gespeel.

Bianca van Deventer is gedurende hierdie toer as een van die beste spelers van die toernooi aangewys. Kayla Chatburn is gekies om gedurende die September- vakansie in Skotland te gaan netbal speel.

Namens die meisies wil die Suidooster ook hul dank uitspreek aan Juffrou Olivier vir al haar rondryery en organisering gedurende die toer, maar hul wil ook aan Coach opreg dankie sê. Dit is nie die spelers wat die span maak nie, maar die afrigter.

Advertisements

Toutrek 101: Aangrypende deursettingsvermoë en vet pret

~Janine Scheepers

“Ek kan nie sport doen nie.” sê amper elke kultuurkind.  Wel, die week het ek as redaksielid die spontane uitdaging aangepak om aan toutrek deel te neem. “Hoe intens kan dit nou eintlik wees?”

As beginner, skop ‘n mens af met ‘n 2 km se drafroete om op te warm, en ja…twee kilometer om op te warm. Natuurlik is dit makliker gesê as gedaan, want teen die einde van die poging om ten minste redelik by te hou met die ander toutrekkers, het dit nie heeltemal volgens my siening verloop nie en die draffie het begin om omtrent by 1.5 km na ‘n stapspoed te gaan. Miltsteek het teen die tyd aan my sy ‘n verskyning gemaak as ondersteuner, maar agterste os kom ten minste ook weer by die toutrekgronde uit.

Die eintlike opwarming bestaan uit lunges doen oor die breedte van die veld, 50 squats, crunches en nog ‘n fiksheidsuitdaging is om ‘n persoon te kry met min of meer dieselfde liggaamsbou as jy het en die persoon op jou rug te dra oor die breedte van die veld.  Daarna dra die persoon jou weer terug waar julle begin het.  Na die opwarming het die lekker deel uiteindelik begin: die fisiese toutrekdeel.

‘n Mens besef nie hoe baie tegniek daarin gaan om as ‘n span iets te doen wat eintlik heel eenvoudig klink, tot ‘n  mens dit self doen nie. Jou hande moet ‘n vuisspasie uitmekaar uit wees as ‘n  mens die tou vashou en die tou moet altyd heuphoogte wees. Ek het ook gou geleer dat ‘n  mens nie regtig jou hande gebruik nie, wat eintlik baie ironies is omdat die sport se naam toutrek is? Die geheim lê in die manier wat jy jou bene gebruik terwyl jou hande ‘n ferm hou-vas het op die tou. Ek het dié vinnige lessie gekry oor hoe mens dit die regte manier doen met behulp van mnr. Adriaan Odendal en medespanlede op verskillende stadiums van die oefening en dit was inspirerend om te sien hoe almal saamwerk om die tydelike toutrekkertjie te help.

Op ‘n ernstiger noot, haal ek regtig my hoed vir die mense wat deelneem aan toutrek af. Die sportsoort vat ongelooflik baie selfdissipline, deursettingsvermoë en fokus en ek voel dit is waardes wat uitstekend aansluit by ons skool s’n. Ek het ‘n voëltjie hoor fluit dat party skole se rugbyseuns saam met die toutrekspanne hulle fiksheidsoefeninge doen met uitstekende resultate…dalk kan Hoërskool Strand se rugbyseuns ook so ‘n reëling in die toekoms tref?

Toutrek is Maandae en Woensdae van 17:30 -19:00. Sal jý die moed hê om dié sportsoort uit te probeer?

Strand se Eerste Krieketspan leer lesse vir baie sesse

~Andre Engelbrecht

Die lang vakansie is verby en 2017 is met ons. Van dag een af was al die krieketspanne, die eerstespan ingesluit, hard aan die voorberei en tot dusver was Hoërskool Strand se eerstespankaptein, Rewayne Viljoen, meer entosiasties as enige iemand om te begin.

Die Suidooster het besluit om ‘n onderhoud met die speler en kaptein te voer:  “Om ‘n lid van die eerste krieketspan te wees, is baie harde werk. Jy moet baie tyd insit en baie fiks wees. Die oefeninge vind op Maandae, Dinsdae en Donderdae plaas. Ons speel ons wedstryde op Saterdae om nege-uur. Dit is een-dag-wedstryde dus is dit 50 beurte aan ‘n kant wat dit 100 beurte altesaam maak”, het Rewayne gesê.

Alle Hoërskool Strand eerste krieketspan-aanhangers kan beslis na ‘n suksesvolle en fantastiese krieketseisoen uitsien. Die eerstes word deur Cobus Roodt afgerig.

Die ondersteuners kan na die volgende wedstryde hierdie kwartaal uitsien:

21 Januarie  –  Hermanus

28 Januarie  –  Klein Nederburg

4 Februarie  –  Parel Vallei

11 Februarie  –  Vredenburg

18 Februarie  –  Bredasdorp

25 Februarie  –  Boland streekswedstryde

4 Maart  –   HHH (Interskole)

Sterkte aan al die spelers van die eerste krieketspan!

fb_img_1484461082043-1-3

Agter (van links na regs): Jarred Verwey, Liam Martin, Chritopher Bodenstein, Edward Russouw, Ruwayne Viljoen, Afrigter Kobus Roodt, Zander Barnard, George du Toit & Danico Maré

Middel (van links na regs): Keenan Beckett, Wian Meyer, Quinton van Geems

Voor: Mieftah Oliver

SA junior Surf Kampioen in die Strand

Marco Peek

Hoërskool Strand is ‘n skool wat vir baie dinge bekend is, onder andere sy uitmuntende sportresultate. Die Arende is bekend vir hul rugby, krieket, hokkie, netbal en vele meer. Maar elke nou en dan kry jy ‘n afwyking in dié patroon en dit is die geval met HS Strand se nuwe Suid-Afrikaanse Junior “Stand-up paddle” Kampioen, Henco Scholtz

Die Suidooster het die voorreg gehad om met die besonderse sportman ‘n onderhoud te kon voer:

Wanneer en waar het jy begin branderplank ry?

Ek het in September 2014 begin surf en het opleiding by Francois Frik, die eienaar van Natural Energy (‘n surf winkel), en sy seun, Dylan, ontvang.

Dink jy dat jy ‘n beroep uit branderplankry kan maak?

Beslis. ‘n Klomp mense het al en ek sal ook kan, met die regte resultate.

Het jy enige raad vir iemand wat graag wil begin surf soos ten opsigte van toerusting?

Begin maar deur toerusting te huur en om by bekwame mense lesse te kry. Daarna, indien jy dit verder wil voer, moet jy vir jouself jou eie toerusting koop en begin oefen.

Aan watter kompetisies het jy al in jou loopbaan deelgeneem?

Ek het al aan die Century City Sports Festival (2015) en die Waterfront Open Ocean Classic (2014) deelgeneem en die Marine Wharf Challenge gewen. Ek het ook in Durban die Pro Junior South African Title vir Waveriding en Racing (2016) gewen.

Wanneer en waar is al die verskillende kompetisies?

Dit is reg deur die jaar van Worcester, Kaapstad, Durban tot in Witsand.

Hoe werk die reëls van dié sportsoort? Kan jy byvoorbeeld provinsiale kleure kry?

Wel, daar is verskillende reëls vir die verskillende kategorieë.  Waveriding is anders as surfing, want jy het ‘n paneel beoordeelaars wat vir jou punte gee vir jou tegniek en die toertjies wat jy doen. By langafstandresies kan daar verskillende scenario’s wees vir hoe jy wegspring. Jy kan of aan die wal begin waar jy dan op ‘n spesifieke uitgemerkte roete ry, of jy begin in die water, op jou bord, met jou bene in die water aan eenkant van die bord. Wanneer die resies dan begin, moet jy so vining as moontlik op jou bord spring en begin roei om die roete te voltooi. By snelresies begin jy óf in die staanposisie óf in die sitposisie. Jy kompeteer dan teen so 2 of 4 mense in ‘n reguit lyn oor 200m. Daarna vind uitdunne plaas tot ‘n wenner bepaal word. Tegniese resies begin altyd aan land met ‘n ingewikkelde roete, wat tussen die branders in die see sal plaasvind.

 

 

 

Wat is alles belangrik wanneer dit kom by tegniek?

Wel, ek nooi almal uit, wat in die vraag belangstel, om ‘n toernooi by te woon aangesien daar so baie aspekte in die verskillende afdelings van die sportsoort betrokke is.

Waar dink jy is die lekkerste plek om te surf?

Suid Sumatra.

Jy het deelgeneem aan ‘n 10,5 km oop-oseaan resies. Wat behels dit alles? Hoe fiks moet jy wees om hierdie tipe resies te ry?

Dit was nie ‘n surf nie, maar ‘n resies afdeling. ‘n Swemmer gebruik so 540 tot 840kj om in 60 minute een resiespas te swem. ‘n Wedloper gebruik tussen 510 tot 650kj en ‘n fietsryer 300 tot 480kj, so ja ons moet fiks wees.

Hoeveel mense het aan dié kompetisie deelgeneem?

Daar was so 100 mense gewees.

Jy is die SA junior kampioen! In ‘n land met so ‘n  lang kusgebied is dit ‘n uitmuntende prestasie! Hoe het jy gevoel toe jy dit gehoor het?

Dit was ‘n fantasties gevoel gewees.

Dink jy jy kan geklassifiseer word as ‘n tipiese surfer?

Nee, ek dink nie so nie. Dit is meer ‘n leefstyl.

Dink jy die stigma teenoor die sportsoort en die stereotipiese siening van branderplankryers hou die sportsoort terug?

Nee, maar mense het ongelukkig ‘n wanopvatting oor surfers en subber (Stand up Panddleboard). Daar is wel ‘n Christelike groep, Son Surf, wat elke Donderdagaand ‘n informele byeenkoms vir alle surfers bied. Dis prettig om by te woon en so leef die surfers ook hul godsdiens uit.

Dink jy dat surfing ook die nodige aandag en erkenning verdien wat skoolsportsoorte soos byvoorbeeld rugby of hokkie kry?

Ja, beslis.

Jy is nogal passievol oor die sportsoort.

Ja, dit is beslis my passie. Almal wat my ken, kan dit getuig.

Ons wens vir Henco sterkte toe met sy voorlopige branderplankry-loopbaan en ons hoop dat branderplankry ‘n erkende skoolsport sal raak.

Arende vlieg hoog in Mosselbaai

-Nicky-Louise Byrne

Hoërskool Strand  2016
© Hoërskool Strand  2016

Gedurende die Maart-April vakansie het tien van Hoërskool Strand se netbalspelers aan die Arrthur Johnson toernooi in Mosselbaai deelgeneem.

Die toer het vanaf Vrydag 18 Maart tot Woensdag 23 Maart geduur. Die netbalspelers is vergesel van juffrou Tania van der Walt en die eerstespanafrigter, Johlene Petersen.  Die skoolbussie het om 11:00 van Hoërskool Strand vertrek en het rondom 16:00 by Hoërskool Punt in Mosselbaai arriveer waar die span geregistreer het.

Daarna het die groep na hul blyplek in Hartenbos vertrek, wat tot almal se verbasing reg langs die see geleë was.

Hoërskool Strand © 2016
© Hoërskool Strand 2016

Die skedule vir die toer het soos volg gewerk: Vrydagaand het die spelers die geleentheid gekry om hulself gemaklik te vestig in hul kamers en vir aandete in die Spur gaan eet het. Saterdagoggend het die eerste wedstryde begin waar Hoërskool Strand Curro 18-3, Grootte Schuur 27-1, Ferdpostma C 27-1, Ferdpostma B 15-4 geklop het.

Direk na die laasste wedstryd het die dogters hulleself gaan verfris en aandete geëet. Daarna het die span na Hoërskool Punt vertrek om die Mejufrou en Meneer Sportweel te kyk.

Jana Retief van Hoërskool Strand is genomineer om deel te neem. Sy was pragtig geklee in ‘n silwer, sprankelende aandrok met spesiaal gekrulde hare deur die kaptein, Caleigh Stuart.

Hoërskool Srand het vir die tweede jaar die Mejuffrou Sportweek gewen.

Sondagoggend het die meisies die kerkdiens in die skoolsaal bygewoon en is die middag na Diaz Strand se Waterpark toe vir spanbou. Aangesien dit ‘n bietjie winderig en koud was, is daar toe besluit om liewer in die warmwaterswembad te gaan swem.

Maandag was die dogters weer volstoom op die netbalbaan en het die volgende prestasies bereik: Hendrik Potgieter 31-1, Ben Viljoen A 19-4 en President 25-0 geklop, maar 13-12 teen Kirkwood verloor. Dit was ‘n naelbytwedstryd. Maandagaand na aandete het die meisies en Juffrou van der Walt op ‘n middernagtelike toerroete gegaan na Mc Donalds vir ‘n “ietsie” om te knibbel en te drink.

Dinsdag het Hoërskool Strand 17-2 teen Woodridge gewen asook teen Bultfontein. In die semi-finale het Strand teen Vereniging Gimnasium gespeel en 19-10 verloor, maar in die finale Woensdag teen Hartswater 13-11 gewen en dus ‘n algehele derde plek in die toernooi behaal.

Vier van ons spelers is gekies om deel te neem aan die top 20 wedstryd, waar spanne bestaan uit die uitblinkers van die toernooi. Ons spelers wat gekies is, is onder andere Caleigh Stuart, Logan Leisse, Kayla Chatburn en Angelique Thau.

Verder is daar ses meisies van Hoërskool Strand geselekteer om deel te neem aan die Ierland-toerspan wat van 1-10 September deelneem. Baie geluk aan Caleigh Stuart, Logan Leisse, Kayla Chatburn, Minke Barnard, Chanell van Zyl en Nicky-Louise Byrne.

Namens die meisies wil die Suidooster ook hul dank uitspreek aan Juffrou van der Walt vir al haar rondryery en organisering gedurende die toer, maar ons wil aan “Coach” opreg dankie sê. Daar word gesê dat dit nie die spelers is wat die span maak nie, maar die afrigter.

 

 

Blink toekoms wag op Bok-rugby

-Andre Engelbrecht

STRAND – Oor die jare het Springbok-rugby sy hoogte- en laagtepunte gehad wat wen en verloor en kritici aanbetref. Verlede jaar (2015) was geen uitsondering nie.

Sedert die insluitings van Suid-Afrika in internasionale sport in 1994, het Springbok- rugby net verbeter. Met afrigters onder andere Carel du Plessis, Nick Mallet, Jake White en Pieter de Villiers, het Springbok-rugby versterk.

In 2011 na die Rugby Wêreldbeker toernooi in Nieu-Seeland, het Pieter de Villiers besluit om paaie te skei met die Springbokke en is Heyneke Meyer (voormalige Blou Bul afrigter) aangestel. In 2014 het hy sy eerste oorwinning oor Nieu-Seeland as afrigter beleef, maar dit was ook lank vergete toe Suid-Afrika vir die eerste keer in sy geskiedenis teen Argentinie (25 – 37) verloor het tydens die rugby Kampioenskap asook teen Japan (32 – 34) verloor het in die onlangse RWB toernooi.

Van toe af is Heyneke Meyer se afrigtingstyl deur die publiek bevraagteken. Al die kritici en vrae het gelei tot sy bedanking as Bok-afrigter in Desember 2105.

Daar is beoog om die nuwe afrigter op 1 April 2016 aan te kondig, wat toe later verskuif het na 12 April 2016.

Name soos Nick Mallet en Allistair Coetzee was gunstelinge, maar dit was die voormalige Sprongbok-assistent afrigter van Jake White en die Stormers / WP- afrigter, Allistair Coetzee, wat bo geëindig het.

Suid-Afrika begin hul internasionale seisoen met drie toetse tuis teen Ierland en dan die Castle Lager Rugby Kampioenskap. Daar is ook gereël dat hulle aan die einde van die jaar na Brittanje vertrek vir toetse teen Wallis, Skotland en ‘n Barbarians Span.

Allistar Coetzee gaan ‘n groot taak hê wanneer die tyd vir hom kom om sy nuwe groep aan te kondig as gevolg van al die beserings en dilemmas wat hom in die gesig staar.Die Arende bly getroue SPRINGBOK ONDERSTEUNERS

Arende vlieg hoog in Mosselbaai

-Nicky-Louise Byrne

Gedurende die Maart-April vakansie het tien van Hoërskool Strand se netbalspelers aan die Arrthur Johnson toernooi in Mosselbaai deelgeneem
Die toer het vanaf Vrydag 18 Maart tot Woensdag 23 Maart geduur. Die netbalspelers is vergesel van juffrou Tania van der Walt en die eerstespanafrigter, Johlene Petersen. Die skoolbussie het om 11:00 van Hoërskool Strand vertrek en het rondom 16:00 by Hoërskool Punt in Mosselbaai arriveer waar die span geregistreer het.
Daarna het die groep na hul blyplek in Hartenbos vertrek, wat tot almal se verbasing reg langs die see geleë was.
Die skedule vir die toer het soos volg gewerk: Vrydagaand het die spelers die geleentheid gekry om hulself gemaklik te vestig in hul kamers en vir aandete in die Spur gaan eet het. Saterdagoggend het die eerste wedstryde begin waar Hoërskool Strand Curro 18-3, Grootte Schuur 27-1, Ferdpostma C 27-1, Ferdpostma B 15-4 geklop het.
Direk na die laasste wedstryd het die dogters hulleself gaan verfris en aandete geëet. Daarna het die span na Hoërskool Punt vertrek om die Mejufrou en Meneer Sportweel te kyk.
Jana Retief van Hoërskool Strand is genomineer om deel te neem. Sy was pragtig geklee in ‘n silwer, sprankelende aandrok met spesiaal gekrulde hare deur die kaptein, Caleigh Stuart.
Hoërskool Srand het vir die tweede jaar die Mejuffrou Sportweek gewen.
Sondagoggend het die meisies die kerkdiens in die skoolsaal bygewoon en is die middag na Diaz Strand se Waterpark toe vir spanbou.

Aangesien dit ‘n bietjie winderig en koud was, is daar toe besluit om liewer in die warmwaterswembad te gaan swem.
Maandag was die dogters weer volstoom op die netbalbaan en het die volgende prestasies bereik: Hendrik Potgieter 31-1, Ben Viljoen A 19-4 en President 25-0 geklop, maar 13-12 teen Kirkwood verloor. Dit was ‘n naelbytwedstryd. Maandagaand na aandete het die meisies en Juffrou van der Walt op ‘n middernagtelike toerroete gegaan na Mc Donalds vir ‘n “ietsie” om te knibbel en te drink.
Dinsdag het Hoërskool Strand 17-2 teen Woodridge gewen asook teen Bultfontein. In die semi-finale het Strand teen Vereniging Gimnasium gespeel en 19-10 verloor, maar in die finale Woensdag teen Hartswater 13-11 gewen en dus ‘n algehele derde plek in die toernooi behaal.
Vier van ons spelers is gekies om deel te neem aan die top 20 wedstryd, waar spanne bestaan uit die uitblinkers van die toernooi. Ons spelers wat gekies is, is onder andere Caleigh Stuart, Logan Leisse, Kayla Chatburn en Angelique Thau.
Verder is daar ses meisies van Hoërskool Strand geselekteer om deel te neem aan die Ierland-toerspan wat van 1-10 September deelneem. Baie geluk aan Caleigh Stuart, Logan Leisse, Kayla Chatburn, Minke Barnard, Chanell van Zyl en Nicky-Louise Byrne.
Namens die meisies wil die Suidooster ook hul dank uitspreek aan Juffrou van der Walt vir al haar rondryery en organisering gedurende die toer, maar ons wil aan “Coach” opreg dankie sê. Daar word gesê dat dit nie die spelers is wat die span maak nie, maar die afrigter.